Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Verdien jy ’n gemiddelde salaris?

As jy meer as R23 133 per maand voor aftrekkings verdien, het jy ’n bogemiddelde salaris, blyk uit Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES) vir die vierde kwartaal.

As jy meer as R23 133 verdien, het jy ’n bogemiddelde salaris.

In November 2020 was dit die gemiddelde salaris, bonusse en oortyd ingesluit.

Die salaris is 2,4% meer as in Augustus (die middel van die vorige kwartaal), en 3,1% meer as November 2019 (die vorige jaar). In November was die jaarlikse inflasiekoers egter 3,2%, wat beteken salarisse het nie pas gehou met inflasie nie, al is inflasie op die laagste vlakke in dekades.

Altesame het die bruto vergoeding wat aan al 9,64 miljoen werknemers in die formele sektor betaal is, met 4,6% tot R740,9 miljard gedaal van jaar tot jaar. Dit is egter 8,9% meer as in September 2020.

In net een bedryf het die totale salarisrekening vir Desember gestyg teenoor 2019, naamlik in mynbou.

Net basiese lone en salarisse het tussen September en Desember met 3% tot R650,4 miljard gestyg, maar is 3,4% minder as ’n jaar gelede.

Van jaar tot jaar het net mynbou (3,9%), die nutsbedryf (0,3%) - wat grootliks Eskom verteenwoordig - en die staatsdiens (0,6%) meer aan salarisse bestee.

Die styging in die staat se salarisrekening kan slegs aan aanstellings of bevorderings toegeskryf word, aangesien staatsamptenare geen algemene verhogings in 2020 gekry het nie, iets wat nog in die hof betwis word.

Die betaling van bonusse en oortyd was in die vierde kwartaal 85,4% meer as in die derde kwartaal, maar dis gewoonlik die kwartaal waarin bonusse vir baie werknemers betaal word. Dit was egter 12,7% minder as in Desember 2019. Totale bonusse was R90,47 miljard werd.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Vergoeding  |  Koronavirus  |  Salarisse  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Beroepe  |  Inperking  |  Loopbane  |  Covid-19  |  Salaris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.