Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Werk van die huis af? Pasop vir dié slaggate
rekenaar, werk
Om van die huis af te werk, klink dalk aanloklik. Foto: Unsplash

Om van die huis af te werk klink heerlik – g’n tydmors in die spitsverkeer werk toe nie, g’n telefone van ander kollegas wat lui of die trauma van ’n kantoorbakleiery om te moet verduur nie.

Boonop kan jy heeldag in jou pajamas werk as jy sou wou.

Afstandswerk bied buigsaamheid. Maatskappye met afstandswerkers spaar kantoorkoste, maar min maatskappye gee die kostebesparing aan werkers deur in die vorm van byvoordele soos ’n koffie- of internettoelaag.

Volgens Techcrunch.com is afstandswerk ook ’n groeiende neiging by beginner-ondernemings, waar werkers oor die wêreld heen verspreid is. Selfs van die stigters van hierdie ondernemings voer ’n nomadiese bestaan en het geen vaste kantoor nie. Kenners maan egter daarteen – beginner-ondernemings is reeds broos, so hulle moet liefs eers wegbly van enige werkspraktyk wat druk kan plaas op dié broosheid.

’n Onlangse debat op die beroepsnetwerk LinkedIn wys ook op ander nadele vir afstandswerkers – soos ’n gevoel van eensaamheid en isolasie wat daartoe kan lei dat sulke werkers toenemend onbetrokke kan voel en uiteindelik bedank.

Volgens ’n Reuters-berig wys ’n onlangse peiling van meer as 2 000 bestuurders en werknemers in tien verskillende lande dat werknemers toenemend op tegnologie staatmaak om met hul kollegas te kommunikeer, wat e-pos (45%), teksboodskappe soos SMS (15%) en kitsboodskapdienste (12%) soos Slack, WhatsApp of ander saamwerk-toepassings insluit.

Dit impliseer dit is mense wat per afstand, dus van die huis af of van elders soos koffiewinkels of gedeelde werkplekgeriewe, werk.

Van die werkers wat genoem het dat e-pos hul hoofmetode van kontak met kollegas is, het meer as 40% gesê hulle voel altyd of meestal eensaam, is nie betrokke nie, en het ’n groot behoefte aan sosiale skakeling.

Die skrywer Dan Schawbel het ’n paar wenke aan Reuters gegee oor hoe afstandswerkers hul werklewe sinvol kan hou.

So kan bestuurders nouer bande kweek:

Schawbel sê navorsing wys afstandswerkers is meer geneig om weens eensaamheid en lae betrokkenheid te bedank. Dit is dus die rede waarom gedeelde werkplekgeriewe soos dié in stede soos Kaapstad en Johannesburg toenemend gewild raak, want mense soek na daardie menslike verbintenis. Schawbel meen bestuurders kan die verbintenis stywer vleg deur byvoorbeeld ’n afstandswerker te vra om ’n vergadering te lei.

Afstandswerkers behoort ook minstens een keer per jaar na die werkplek genooi te word vir ’n sosiale geleentheid.

Videokonferensies moet dikwels gebruik word. Wanneer jy mense sien en hoor, is dit soveel beter as e-pos. Dit dwing jou om aan te trek asof jy in die kantoor is (ag nee, tot siens pajamas!). “As jy aangetrek is vir die rol, tree jy op soos wat die rol van jou verwag,” is Schawbel se mening.

Kweek vriendskappe by die werk:

’n Peiling wys 60% van alle werkers sal langer by ’n maatskappy bly as hulle meer vriende het. Dit is veral belangrik vir jonger werkers.

Vat ’n blaaskans

Om uitbranding te verhoed het almal ’n blaaskans nodig. In Finland en Brittanje word ’n vierdag-werkweek ondersoek, en in Frankryk het werkers die reg om af te skakel, hulle hoef nie oor naweke of ná ure e-pos te beantwoord nie. In Japan het elke Japanse burger die reg om Maandagoggende af te vat.

Meer oor:  Werk  |  Wenke  |  Beroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1375,9 (-3901)
  • Top 40 48427,67 (13755)
  • All Share 54423,55 (15232)
  • Resource 10 42754,47 (37147)
  • Financial and Industrial 30 72753,67 (6357)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.