Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Werk van huis af bly ná Covid, maar kan angel hê

Navorsing wys die helfte van die maatskappye in Londen oorweeg dit om hul werknemers toe te laat om permanent van die huis af te werk, selfs al eindig die pandemie.

Dit mag dalk gerieflik wees om van jou huis af te werk, maar het jy al gedink wat gaan gebeur as jou maatskappy oorweeg om iemand op ’n ander vasteland in jou plek in diens te neem net omdat dit ’n goedkoper opsie is? Foto: Unsplash

Hoewel baie werknemers oor so ’n verandering in hul werkomgewing sal juig, kan ’n wêreldwye beweging waar afstandswerk ’n realiteit word, juis vir baie professionele mense ’n realistiese gevaar inhou.

Indien maatskappye in Brittanje wel besluit om drastiese veranderinge te maak aan hoe en waar werknemers hul werk doen, kan sowat 6 miljoen Britte hul werk verloor.

Die risiko wanneer maatskappye verkies dat hul werknemers nie op kantoor sit nie, kan beteken dat buitelanders in die plek van Britte in diens geneem kan word.

Luidens ’n verslag deur die Tony Blair Institute for Global Change kan die massa-eksperiment van afstandswerk beteken dat maatskappye goedkoper opsies sal oorweeg en baie poste na ander lande uitgekontrakteer word in ’n poging om geld te spaar.

Luidens die verslag mag maatskappye net sekere sleutelposte in Brittanje vul en die res met internasionale werkers vul.

Die effek van so ’n verskuiwing van die fisieke werkplek kan volgens Bloomberg ook baie diepgaande gevolge vir megastede, soos Londen, inhou.

Nie net sal minder mense na die stede pendel nie; ondernemings wat in die stede van pendelaars en werknemers afhanklik is, kan baie swaarkry en ’n inkrimping van besoekers verwag.

Volgens ’n meningspeiling onder 520 sakeleiers wat aan Londen se sakekamer van handel en nywerheid behoort, is dit veral kleiner ondernemings wat oorweeg om, al is die bedreiging van Covid-19 verby, steeds hul werknemers van hul huise af te laat werk.

Die deelnemers het ook aangedui dat terwyl Covid-19 steeds ’n gevaar is, vrees werknemers nie noodwendig dat hulle Covid-19 in hul werkplekke kan opdoen nie, maar eerder wanneer hulle na en van hul werkplekke reis.

“Baie ondernemings het reeds besluit wat om met hul persele te doen en hoe werknemers in die toekoms gaan werk wanneer die pandemie verby is,” sê Richard Burge, uitvoerende hoof van die sakekamer. “Dit gaan oor wat maatskappye nou as hul beste opsies vir hul produktiwiteit of hul geldsake beskou.” – Bloomberg

Meer oor:  Werk Van Huis Af  |  Pandemie  |  Beroepe  |  Inperking  |  Loopbane  |  Afstandswerk  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.