Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Werk van huis af hier om te bly – minstens in 2021!
k

Meer as die helfte van werkende Suid-Afrikaners werk steeds minstens ’n paar dae per week van die huis af.

Altesame 56% werk nou minstens ’n paar dae per week van die huis af – 25% meestal of altyd, terwyl 31% hul tyd tussen die kantoor en huis afwissel. 44% moet die huis verlaat om te gaan werk.

Dié syfers kom uit Old Mutual se Spaar-en-Beleggingsmonitor vir 2021. Dit word slegs gedoen onder mense wat R8 000 per maand of meer verdien, en sluit dus baie mense met laer salarisse uit wat werk in bedrywe waar werk van die huis af nie regtig ’n opsie is nie, onder meer die kleinhandel, gasvryheid en vervaardiging.

Onder mense wat die meeste verdien (R50 000 of meer per maand), skiet die syfer op tot 75% van hulle wat minstens soms van die huis af werk. 38% van dié mense werk altyd of die meeste van die tyd van die huis af, die hoogste persentasie in dié kategorie.

Net 25% van topverdieners werk dus altyd op kantoor.

Veral mense met hoër inkomstes werk steeds meer gereeld van die huis af as op kantoor. Foto: iStock

Jong mense (18 tot 29 jaar) is ook net 35% van die tyd op kantoor, maar die meeste van hulle (38%) verdeel hul tyd tussen hul tuiskantoor en ’n werkplek.

Dié verskynsel word daaraan toegeskryf dat mense op dié ouderdom ’n groot persentasie mense (61%) insluit wat meer as een inkomstestroom het. Vir hulle is kontak met mense dus van groter belang.

Werk-lewe-balans

Daar is ’n opmerklike verband tussen werk van die huis af en ’n verbetering in werk-lewe-balans. 41% van mense wat van die huis af werk, voel hul balans is beter (teenoor die gemiddeld van 27%).

Daar is wel 22% van mense, oftewel sowat 1 uit 5 mense, wat voel sedert hulle van die huis af werk, is hul werk-lewe-balans slegter, maar dis minder as die gemiddeld van 27%.

Meer oor:  Old Mutual  |  Werk Van Huis Af  |  Omsim  |  Pandemie  |  Spaar- En Beleggingsmonitor  |  Beroepe  |  Inperking  |  Loopbane  |  Afstandswerk  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.