Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Werk vir 4 dae, word vir 5 betaal
’n Maatskappy in Nieu-Seeland het getoets hoe suksesvol ’n vierdagwerkweek sou wees.

Werk vir vier dae, maar word steeds vir vyf betaal?

Dit klink amper té goed om waar te wees.

’n Maatskappy in Auckland, Nieu-Seeland, het dit egter getoets en sê dit werk.

The Guardian berig Perpetual Guardian, ’n maatskappy wat trusts, testamente en boedelbeplanning behartig, het dié konsep in Maart en April vanjaar getoets.

Akademici het voor en tydens die toetslopie navorsing gedoen om vas te stel wat die invloed daarvan was.

Jarrod Haar, professor in menslikehulpbronbestuur by die Auckland-Universiteit vir Tegnologie, het gevind werknemers was baie meer tevrede met hul werk en private lewe én het boonop beter by die werk presteer.

24% meer werknemers het gevoel dat daar ’n baie beter balans tussen hul werk en private lewe was.

Werknemers het ook gesê hulle is baie minder gespanne.

The Guardian berig verder dat Helen Delaney, senior dosent by die Auckland-Universiteit se sakeskool, sê werknemers was meer gemotiveerd en toegewyd tot hul werk omdat hulle by die beplanning van die eksperiment ingesluit was.

“Werknemers het met verskeie inisiatiewe vorendag gekom oor hoe om produktiewer en doeltreffender te wees. Dit het die outomatisering van prosesse tot geen gebruik van die internet as dit nie met werk verband hou nie, ingesluit.”

Andrew Barnes, stigter van die maatskappy wat met die idee vorendag gekom het, sê hy gaan die resultate van die toetslopie aan die direksie voorlê om te sien hoe dit oor die langtermyn by sy maatskappy in werking gestel kan word.

Die toetslopie het nie ongesiens verbygegaan nie.

Iain Lees-Galloway, minister verantwoordelik vir verhoudinge in die werkplek, sê die resultate was “baie interessant”.

Hy sê verder hy sou graag wou sien dat meer ondernemings nuwe en verbeterde maniere hoe hulle werk sal ondersoek.

Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Loopbane  |  Beroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1080,73 (-281)
  • Top 40 45805,4 (-2780)
  • All Share 51999,45 (-11034)
  • Resource 10 39447,92 (-95050)
  • Financial and Industrial 30 68737,01 (53875)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.