Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Werkende ma’s is tegnologies reg om by huis te werk

Beroepsvroue met kinders was reeds voor die Covid-19-pandemie gereed om aanlyn buite die kantoor hul werk te verrig, maar eksterne faktore soos beurtkrag het in hul pad gestaan, toon ’n peiling.

Werkende ma's moet dikwels 'n fyn balanseertoertjie tussen ouerskap en hul loopbaan handhaaf. Foto: ISTOCK

Dit is onder meer as ’n duisend beroepsvroue gedoen en toon ’n derde het nie enige buigsaamheid ten opsigte van werkure of van waar hul mag werk nie.

Nog ’n derde het ’n mate van buigsaamheid daarmee.

Net sowat ’n vyfde is toegelaat om van buite die kantoor te werk en kon al hul vergaderings aanlyn bywoon.

Die peiling wat deur die werwingsagentskap RecruitMyMom en die wolkmigrasie-adviseur Crimson Line uitgevoer is, was ’n kwantitatiewe studie met ’n paar ope vrae om te bepaal hoe gemaklik met tegnologie en gereed vir aanlyn en afstand werk beroepsvroue met kinders is.

Deelnemers is gewerf deur RecruitMyMom se databasis en op sosiale netwerke.

“Dit gee ’n blik op hoe gereed ons beroepsvroue met kinders is om oor te skakel van tradisionele werk in die kantoor na omstandighede waar hulle buite die kantoor kan werk,” sê Phillipa Geard, stigter en uitvoerende hoof van RecruitMyMom.

“Die peiling is tydig midde Covid-19 en die inperking en gee ons ’n insig in die tegnologiese talent van ons land se beroepsvroue met kinders en die uitdagings wat hulle het.”

Van die antwoorde op die vrae oor die voordele van aanlyn vergader en afstand-werk sluit in dat hulle meer produktief is en minder tyd in die verkeer bestee.

Die respondente sê dat buigsame werkreëlings hulle help om hul verpligtinge met hul kinders na te kom, soos om hulle op en af te laai by die skool, tyd met hulle kinders in die namiddae te kan bestee en siek kinders te kan versorg.

Buigsame werkure was ook ’n groot hulp vir enkelouers.

Die drie grootste faktore wat in ag geneem word wanneer oor ’n nuwe werk besluit word, is salaris, ’n beleid oor aanpasbare werk en van waar gewerk kan word.

Op die vraag watter werkvoordele vir hulle van grootste waarde is bo en behalwe die salaris, het 82% gesê hulle wil graag aanpasbare werkure hê.

Amper twee-derdes sê hulle sal graag afstandwerk van die huis of elders wil doen.

Die grootste struikelblokke vir afstandwerk is beurtkrag.

Meer as 60% van die respondente het te kenne gegee hulle het die nodige tegnologie om tydens beurtkrag aan te hou werk danksy kragopwekkers, batterye en met selfoondata.

Net 3% van die respondente het nie die tegnologiese kennis gehad om vergaderings aanlyn by te woon nie, terwyl die res geweet het om dit te doen en programme soos Skype, Google Hangouts en Zoom gebruik.

Wat betref hul tegnologie se voorkeure het 51% van die respondente gesê hulle verkies om op Microsoft Office te werk, terwyl 26,8% ’n kombinasie van Microsoft en oplossings van Google.

Die peiling toon egter daar is nog ’n gebrek aan kennis oor toepassings soos oor produktiwiteit wat werkure meet.

“Die resultate toon daar is steeds ’n groot behoefte onder beroepsvroue om beter toegerus te word met tegnologie en opleiding om afstand-werk te doen en buigsamer te wees,” sê Karen Koen, vennoot van Crimson Line.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Beroepe  |  Inperking  |  Loopbane  |  Covid-19  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.