Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Werkers waai as kultuur by werkplek hulle nie pas
werk

Navorsing toon dat bykans driekwart van professionele werkers wat aan ’n peiling deelgeneem het, uit hul poste bedank het omdat hulle ontevrede was met die maatskappykultuur van hul werkplekke.

Die werwingsagentskap Robert Walters het sowat 700 professionele werkers en werwingsagente gevra watter aspekte van maatskappykultuur die grootste invloed het op produktiwiteit en watter dinge ’n maatskappy aantreklik maak vir kandidate.

Uit die peiling blyk dit dat die oorgrote meerderheid van werkgewers (95%) en werkers (97%) meen dit is belangrik om in te pas by ’n maatskappy se kultuur.

Nic Sephton-Poultney, besturende direkteur van Robert Walters in Suid-Afrika, het in ’n verklaring gesê ’n kandidaat se geskiktheid vir die maatskappykultuur is iets wat werwingsagente deeglik moet oorweeg wanneer hulle werkers in diens neem.

“Werkplekke behoort egter ook aanpasbaar te wees rakende maatskappykultuur namate werkers se gewoontes en voorkeure verander,” sê hy.

Die peiling toon byvoorbeeld dat baie kandidate (45%) ongelukkig was oor die balans tussen hul werksure en private lewens. In dié verband is dit belangrik dat kandidate behoorlik ingelig word of hulle fleksietyd sal kan werk of nie.

Uit die peiling blyk dit dat die oorgrote meerderheid van werkgewers (95%) en werkers (97%) meen dit is belangrik om in te pas by ’n maatskappy se kultuur. Foto: iStock
Meer oor:  Werkplek  |  Beroepe  |  Loopbane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.