Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Werkloosheid tref vroue swaarder

Die werkloosheidskoers onder vroue in Suid-Afrika was in die tweede kwartaal vanjaar 29,5% vergeleke met 25,3% onder mans, toon syfers van Statistieke Suid-Afrika (SSA).

Die SSA sê in ’n artikel op sy webblad sedert 2008 was werkloosheid onder vroue in die land telkens hoër as onder mans.

In die kwartaal tot einde Junie vanjaar het vroue 43,8% van die totale indiensneming in Suid-Afrika uitgemaak. In 2017 was dit 45%, volgens syfers van die Wêreldbank. Daarteenoor het vroue in Rusland 48,6% van die arbeidsmag uitgemaak, in China was dit 43,6%, in Brasilië 42,9% en in Indië net 24,6%.

Wêreldwyd het vroue verlede jaar 39,2% van die arbeidsmag uitgemaak.

Die SSA sê hoewel Suid-Afrika al gevorder het met geslagsgelykheid, beklee vroue steeds minder as 50% van invloedryke poste soos appèlhofregters (slegs 32%), advokate (31%) en ambassadeurs (30%).

Suid-Afrika se informele sektor, wat 17,4% van totale indiensneming verteenwoordig, is belangrik omdat dit werk bied aan baie mense wat sukkel om formele indiensneming te bekom. Die SSA sê werk in die informele sektor is veral gekonsentreerd in handel. Meer vroue as mans werk in dié sektor.

Meer oor:  Ssa  |  Werkloosheid  |  Vroue  |  Werkplek  |  Beroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1057,1 (1153)
  • Top 40 50272 (5224)
  • All Share 56445,57 (6428)
  • Resource 10 43624,93 (54914)
  • Financial and Industrial 30 74932,14 (-29412)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.