Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Werkplekke ‘nie gereed vir Covid-19’
Die departement van arbeid kla dat baie werkplekke nie aan die nodige gesondheidsreëls voldoen soos wat nou te midde van die Covid-19-pandemie vereis word nie. Foto: Pixabay

Meer as 44% van die werkplekke waar inspekteurs van die departement van arbeid inspeksies gedoen het, het nie aan die nodige vereistes voldoen wat betref die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (OHS-wet) nie.

Die departement het Dinsdagaand in ’n verklaring gesê dat sy inspekteurs tussen 30 April en 8 Mei 2 789 werkplekke oor die land heen besoek het.

Altesaam 1 237 van dié werkplekke het nie aan die nodige vereistes voldoen nie.

Dit is nie net die private sektor wat nie die reëls volg nie.

Die departement sê 411 van die werkplekke wat ondersoek is, is óf staatsdepartemente óf maatskappye in staatsbeheer.

Wanneer daar net na hulle gekyk word, het 50% van hulle nie aan die vereistes voldoen nie.

Thulas Nxesi, minister van arbeid, het op 3 Mei breedvoerig verduidelik wat die vereistes is waaraan werkgewers moet voldoen wanneer werkers teruggaan werk toe soos wat die staat van inperking gelig word.

Dit is juis om die verspreiding van Covid-19 by die werk te verhoed.

Van die vereistes is onder meer dat werkgewers maskers vir werkers moet gee, en dat dié maskers gedra móét word.

Daar moet ook genoeg handreinigers beskikbaar wees, en werkers moet ver uitmekaar kan sit en werk.

LEES OOK: 10 dinge wat jy móét weet voor jy weer gaan werk

Die departement sê in die verklaring hy is baie bekommerd dat werkplekke nie aan die nodige vereistes voldoen nie.

“Gegewe die feit dat die virus wesenlik versprei, is dit veral kommerwekkend dat daar by sommige werkgewers lang toue mense is, of ’n groot klomp mense is wat op een plek vergader. Dit kom veral voor by regeringsverwante werkplekke,” sê Aggy Moiloa, inspekteur-generaal.

“Ons is geskok dat baie organisasies steeds sukkel om die OHS-wet na te kom. Dit behoort ’n gewoonte te wees by werkplekke. Geen wonder dat ons nog soveel ongelukke in die werkplek het nie. Progressiewe organisasies belê in die welstand van hul werknemers,” sê sy.

Meer oor:  Departement Van Arbeid  |  Thulas Nxesi  |  Covid-19  |  Vlak 4
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.