Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Wie sit nou in die hoekkantoor?

Die Kommissie vir Gelyke Indiensneming sê die gebrek aan gelyke verteenwoordiging op topbestuursvlak in Suid-Afrika “voorspel niks goeds” vir toekomstige volhoubare ekonomiese groei nie.

Die uitvoerende hoofde van baie plaaslike maatskappye is buitelanders. Foto: Pixabay

Die ongelykhede beteken die land se indiensneming is steeds eksklusief en nie verteenwoordigend van die demografiese verspreiding van die bevolking, geslag en mense met gestremdhede nie, lui die kommissie se 2017-’18-jaarverslag, wat verlede week gepubliseer is.

Wit mense maak 67,7% van die land se topbestuurders uit, gevolg deur swart mense (14,3%), Indiërs (9,4%), bruin mense (5,1%) en buitelanders (3,4%).

Daarteenoor maak swart mense 78,5% uit van die totale ekonomies aktiewe bevolking, gevolg deur bruin mense (9,6%), wit mense (9,1%) en Indiërs (2,8%). Mans maak 54,7% van die ekonomies aktiewe bevolking uit en vroue 45,3%.

Die kommissie sê die hoë verteenwoordiging van buitelanders op elke beroepsvlak in Suid-Afrika is rede tot kommer.

Regstreekse buitelandse belegging en die feit dat die moedermaatskappye dikwels oorsee gesetel is, kan bydra tot die hoë aantal buitelanders in hoë bestuursposte. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1048,32 (-878)
  • Top 40 50397,19 (12519)
  • All Share 56546,8 (10123)
  • Resource 10 43602,83 (-2210)
  • Financial and Industrial 30 75238,63 (30649)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.