Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
WVF betaal R40 mjd. in Covid19Ters-toelae
Die WVF het reeds R40 mjd. in Covid19Ters-voordele aan werknemers betaal. Foto: Reuters

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het teen 13 Julie reeds R40 miljard se Covid19Ters-voordele aan werknemers betaal.

Die R40 miljard is in 9 087 133 betalings gemaak.

Dit beteken 779 429 maatskappye het namens hul werkers vir dié voordeel geëis.

Syfers per maand:

• April: R20 miljard aan 4 041 839 werknemers deur 389 233 werkgewers.

• Mei: R10,9 miljard aan 2 704 763 werknemers deur 168 089 werkgewers; en

• Junie: R8,6 miljard aan 2 340 531 werknemers deur 168 089 werkgewers.

Van die R40 miljard is R1,5 miljard direk aan werknemers betaal, terwyl die res deur hul werkgewer betaal is.

Aan huiswerkers is R200 miljoen betaal.

Thulas Nxesi, minister van arbeid, herinner Suid-Afrikaners dat die WVF van 17 Augustus aansoeke vir salarisse vir Julie en Augustus sal oopmaak.

Vir Augustus kan eise tot en met die 15de ingedien word. Dit is tot wanneer die Wet op Rampbestuur geld.

LEES OOK: Aansoeke vir verlengde TERS Maandag ingewag

Betalings

Hoewel die departement baie trots is oor hoeveel geld al aan werknemers betaal is, wys ’n peiling wat die werkgewersorganisasie Neasa daagliks doen, dat baie uitbetalings nog uitstaande is.

Luidens Neasa het 37% van werkgewers teen 13 Augustus nog nie uitbetalings vir Junie ontvang nie. Van die 63% wat wel vir dié maand betalings ontvang het, is 66% se eise ten volle betaal.

Van die werkgewers wat voordele geëis het vir April, het 12% nog geen uitbetaling van die WVF ontvang nie. Van die 88% wat wel vir dié maand betalings ontvang het, is net 66% se eise ten volle betaal.

Vir Mei het 20% van werkgewers nog geen betaling ontvang nie. Van die 80% wat wel vir dié maand betalings ontvang het, is net 63% se eise ten volle betaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.