Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
WVF-eise duur nou tot einde van ramptoestand
Die WVF betaal nie tans Covid-19-Ters-eise nie. Foto: Pixabay

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se sukkelende Covid-19-Ters-voordeel sal geld totdat die ramptoestand vir die pandemie opgehef word.

Dié wysiging is in die Staatskoerantvan 7 September gepubliseer.

Die ramptoestand, wat aanvanklik op 15 Maart afgekondig is, is onlangs tot 15 Oktober verleng.

Luidens die Staatskoerant het die minister van indiensneming en arbeid wel die reg om enige tyd ’n verandering aan dié sperdatum te maak.

Enige betalings as deel van die voordeel is tans tydelik opgeskort. Dit kom nadat die kantoor van die ouditeur-generaal (OG) in ’n onlangse oudit van staatsbesteding gedurende die pandemie verskeie ongerymdhede aan die lig gebring het.

Die WVF het Vrydag in ’n verklaring aangekondig dat die betalings tydelik gestaak word sodat die nodige beheermaatreëls, soos aanbeveel deur die OG, ingestel kan word.

“Die tydelike staking [van betalings] sal die WVF in staat stel om nie net die leemtes te hanteer wat deur die OG geïdentifiseer is nie, maar ook die geleentheid bied om te verseker dat sommige van die verbeterings wat deur die bestuur geïdentifiseer is, aangebring word,” luidens ’n verklaring.

Marsha Bronkhorst, waarnemende kommissaris van die WVF, sê in die verklaring heelparty van die probleme wat die OG uitgelig het, is reeds deur die bestuur uitgewys, en stappe is reeds gedoen om dit op te klaar alvorens die OG se verslag uitgereik is.

’n Groot fokus is glo om die regte inligting van ander staatsdepartemente te bekom om te verseker dat mense wat ander voordele ontvang, nie ook Covid-19-voordele kry nie.

Dit was een van die groot probleme wat die OG uitgewys het.

LEES OOK: Dís wat skeefgeloop het met Covid-19-inisiatiewe

Luidens die WVF het hy reeds 1 104 000 aansoeke vir die Covid-19-Ters-voordeel ontvang.

Hiervan is 825 840 betaal. ’n Totaal van meer as R42 miljard is uitbetaal.

Daar is in dié stadium nog geen aanduiding wanneer die WVF weer die betalings gaan hervat nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.