Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
WVF maak wéér verandering aan stelsel
Die WVF het wéér ’n verandering aan sy rekenaarstelsel gemaak.Foto: Unsplash

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het wéér aan sy stelsel verander wanneer dit by Covid-19-Ters-eise kom.

Dié keer wil hy hê dat maatskappye óf hul registrasienommer soos deur Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) uitgereik is, óf die ID-nommer van die persoon wat betaal moet word op die stelsel laai.

Dié besluit volg op berigte van grootskaalse bedrog by die WVF wat uitbetalings onder die Covid-19-Ters-skema betref. In een geval het ’n persoon glo op sy eie ’n werkgewersprofiel geskep, sy eie bankbesonderhede ingevul en na bewering só R5,7 miljoen by die WVF gesteel.

LEES OOK: Arrestasie kom binnekort oor WVF-bedrog

Die WVF het Dinsdagoggend in ’n verklaring gesê die nuwe reël op die stelsel om die CIPC- of ID-nommer in te vul is juis om te keer dat individue bankbesonderhede tot hul voordeel kan verander.

Teboho Maruping, kommissaris van die WVF, waarsku dat dié verandering ’n vertraging van minstens twee dae gaan veroorsaak wat die uitbetaling van voordele betref.

Hy waarsku ook dat sou werkgewers nié die besonderhede verskaf nie, dit tot verdere vertragings van uitbetalings gaan lei.

Die WVF word lank reeds daarvan beskuldig dat hy daarmee sloer om eise te betaal. Hoewel dit nou reeds middel Julie is, betaal die WVF steeds eise wat vir April en Mei ingedien is.

Aansoeke om eise vir Junie in te dien het wel oorspronklik op 23 Junie oopgemaak, maar is weer gesluit weens probleme met die stelsel. Eise vir Junie-salarisse kon toe eers vroeg in Julie ingedien word.

Die WVF sê in die verklaring dat hy tot dusver reeds sowat R30 miljard in voordele aan eisers betaal het. Die meeste hiervan was egter vir eise wat vir April en Mei ingedien is.

Daar kan net salarisse vir April tot Junie van die Covid-19-Ters-skema geëis word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.