Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
2 van inbelsentrum verkoop glo kaart-besonderhede
Kredietkaartbedrog bly algemeen.

Twee persone werksaam by die inbelsentrum van ’n “gerekende” verskaffer van finansiële krediet, is deur die Valke in hegtenis geneem.

Die twee persone, tussen 23 en 29 jaar oud, het na bewering mense se kredietkaartbesonderhede aan misdaadsindikate gesmous.

Die polisie se spesiale ondersoekeenheid het hulle verlede Woensdag by die inbelsentrum in die Kaapse voorstad Goodwood in hegtenis geneem.

Luidens ’n verklaring het die twee werknemers die kredietkaartbesonderhede aan die sindikate verskaf waarná vervalste kredietkaarte geskep en aankope daarmee gemaak is.

Meer as R95 000 is só tussen 1 Maart en 9 April vanjaar gespandeer, sê die Valke.

Die verdagtes het glo toegang tot die kredietkaartbesonderhede gekry tydens die gewone omgang van hul werk.

Hulle verskyn vandeesweek in die landdroshof in Goodwood.

Meer oor:  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.