Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
5 mites oor spaar

Om te spaar is glad nie so moeilik nie. Daar is egter ’n hele paar mites wat mense ontmoedig om te begin spaar. Neil Thompson, produkhoof by African Bank, sê mense moet dié mites ignoreer en eerder so vinnig as moontlik die gewoonte aanleer om te spaar.

Van die mites wat hy uitlig, is:

  

Dit is nooit te laat om te begin spaar nie. Foto: Pixabay

1. Jy het geld nodig om geld te maak

Banke bied deesdae baie verskillende produkte aan wat mense help om te spaar. In sommige gevalle het kliënte net R500 of minder nodig om te begin spaar.

  

2. Jy kan nie spaar as jy ’n klein salaris verdien nie

“Enigiemand kan spaar,” sê Thompson. Dit gaan nie oor hoeveel ’n persoon spaar nie, maar dat hy/sy begin spaar en dan elke maand ’n klein bedrag byvoeg.

  

3. Net rykes kan belê

As jy ’n goeie belegging doen, kan jy inderdaad eendag ryk word. Om te spaar of te belê, is egter vir enigiemand.

  

4. Jy kan jare lank nie jou geld gebruik as dit belê is nie

Verskillende rekeninge en beleggings het verskillende reëls oor wanneer jy jou geld kan kry. Vind die produk wat die beste by jou leefstyl pas.

  

5. Finansiële raadgewers is duur

Banke bied finansiële raad oor watter spaar en/of beleggingsprodukte die beste by jou sal pas. Jy kan dit wel oorweeg om ’n onafhanklike finansiële raadgewer te raadpleeg oor byvoorbeeld die belastingimplikasies wat met jou belegging gepaardgaan.

Meer oor:  Spaarwenke  |  Beleggings  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.