Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
5 wenke as jy huis wil koop

Is jy in die mark om jou eerste huis te koop? Dalk wil jy verhuis en weer die huismark betree, maar is nie meer seker waarvoor om op die uitkyk te wees nie. Marius Steyn en Marius Neethling, eiendomspesialiste by Santam, gee die volgende wenke aan voornemende kopers:

Daar is heelwat kwessies wat nuwe huiskopers in ag moet neem wanneer hulle na ’n eiendom kyk.Foto: Pixabay

1. Werk die geiser?

Kry ’n geregistreerde loodgieter om vas te stel of die geiser van die huis wat jy wil koop, behoorlik werk. Dit kan tot R8 500 kos om dit te vervang, en dit sluit nie die skade in as dit bars nie.

2. Hoe lyk die dak?

Kry ’n bouer om behoorlik na die dak te kyk. Maak seker geen teëls is gekraak nie en dat die geute in ’n goeie toestand is.

3. Hoe lyk die plafon?

Wees versigtig as dit lyk asof die plafonne onlangs geverf is. Dit kan wees dat die dak dalk gelek het, of dat dit muf.

4. Wat van die tuin?

Die eiendom het dalk ’n baie mooi tuin wat jou beïndruk, maar hoeveel gaan dit kos om dit in stand te hou? Vra ’n maatskappy wat tuine in stand hou vir ’n kwotasie voordat jy besluit om die eiendom aan te skaf.

5. Hou jou oë oop vir elektriese foute

Kry ’n elektrisiën om seker te maak daar is nie foute wat later probleme kan veroorsaak nie. Die verkoper moet ’n geldige sertifikaat aan die bank of koper lewer as bewys dat die elektriese bedrading van die huis aan alle standaarde voldoen.

Meer oor:  Santam  |  5 Wenke  |  Huiskopers  |  Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2022,02 (2371)
  • Top 40 52279,5 (-48145)
  • All Share 58343,23 (-41278)
  • Resource 10 47992,62 (2829)
  • Financial and Industrial 30 77622,49 (-98071)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.