Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
5 wenke: Gebruik só minder brandstof
Die petrolprys gaan in Maart en waarskynlik weer in April styg.

Die petrolprys gaan dalk vanjaar meer styg as daal. Die stygende olieprys, die druk op die rand en stygings in heffings – selfs ’n nuwe koolstofheffing – gaan nog minstens tot April tot duurder brandstof lei.

Hier is vyf praktiese wenke hoe jy brandstof kan spaar.

1. Hou by die spoedgrens

Hoe vinniger jy ry, hoe meer brandstof gebruik jy.

HowStuffWorks skryf as jy ongeveer 90 km/h ry, gebruik jy 15% minder brandstof as sou jy net oor die 100 km/h ry. Dis ver onder die spoed waarteen Suid-Afrikaners op die snelweë jaag!

As jy in dorpsgebiede by die spoedgrens hou, gaan jy nie net brandstof bespaar nie, jy gaan ook nie boetes kry nie.

2. Maak die kattebak leeg

Baie mense is geneig om ’n klomp goed agter in die kattebak te hou. Maak skoon en hou net wat jy vir ’n enkele reis nodig het. Hoe swaarder jou motor gelaai is, hoe meer brandstof gebruik jy.

3. Lugreëling of vensters?

As jy met lugreëling bestuur, gebruik jou motor meer brandstof as daarsonder. As jy met oop vensters bestuur, is dit nie net dikwels onveilig nie, dit veroorsaak ook windweerstand, wat óók jou petrolverbruik verhoog. Hoe dus gemaak?

HowStuffWorks skryf lugreëling gebruik minder brandstof as oop vensters as jy vinnig ry. As jy kan, bestuur met oop vensters in die dorp of stad, waar jy stadiger ry, en met toe vensters – met lugreëling indien nodig – op die snelweg.

4. Diens jou motor

Dit kos wel baie geld om jou motor te laat diens, maar moenie ’n diens mis nie.

Nie net sal dit keer dat jou motor dalk onverwags langs die pad onklaar raak nie, ’n motor wat goed in stand gehou word, se brandstofverbruik is tipies beter as een wat aan sy eie heil oorgelaat word.

5. Bande, bande, bande

Hoe papper jou motor se bande is, hoe meer brandstof gebruik hy.

Kyk dikwels of jou motor se bande nog reg gevul is.

Hoewel ’n effens harder band selfs meer brandstof kan spaar, moet bande nie te hard wees nie.

Dit kan skade aan die band veroorsaak en dit selfs laat bars, wat op sy beurt ’n ongeluk kan veroorsaak.

Meer oor:  Automobiel Assosiasie  |  Aa  |  Brandstof  |  5 Wenke  |  Petrolprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.