Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
5 wenke: Kyk hierna wanneer jy bank kies

Met drie nuwe banke met nuwe beloftes oor hoe hulle die banksektor gaan verander, is die vraag nou: Hoe kies ek “my bank”? Hier is vyf kwessies wat jy goed moet oorweeg voordat jy jou finale besluit neem.

  

1. Rentekoers

Die rentekoers wat op ’n rekening gehef word, kan ’n enorme invloed hê op wat jy verdien of moet betaal. Vind eers uit watter koers ’n betrokke bank gaan hef voordat jy besluit om net ’n rekening oop te maak.

Jy hoef nie al jou banksake by een bank te doen nie.

2. Bankkoste

Wat jy vir jou bankdienste betaal, kan jou ook heelwat uit die sak jaag.

Wees egter versigtig om net ’n rekening oop te maak omdat dit blyk daar geen koste is nie of omdat dit baie laag is. Vind uit of dit nie dalk deur ’n hoër óf laer rentekoers as wat jy by ’n ander bank kon verdien, teengewerk word nie.

3. Tegnologie

Die tegnologie wat ’n bank bied, is ongetwyfeld in vandag se moderne wêreld baie belangrik. Maak seker die tegnologie wat ’n betrokke bank bied, pas by jou leefstyl.

4. Kliëntediens

Digitale bankdienste is dalk aan die orde van die dag, maar menige groot bankbaas het onlangs erken ’n deurslaggewende faktor bly steeds kliëntediens. Doen navorsing oor hoe ander mense die diens van die bank ervaar.

5. Opsies

Hou jou opsies oop. Jy hoef nie ál jou rekeninge by dieselfde bank te hê nie. Vind uit wat die verskillende banke jou kan bied in terme van ’n tjek- en/of spaarrekening, asook ’n huislening of motorfinansiering.

Meer oor:  Rentekoers  |  Bank  |  Bankbedryf  |  5 Wenke  |  Digitale Bankdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.