Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
5 wenke om jou rande te rek

Is jou salaris op lank voordat jou maand op is? Voel jou beursie al hoe meer depressief oor die toekoms soos wat Suid-Afrikaners oor Eskom voel? Francois Viviers, uitvoerende hoof van bemarking en kommunikasie by Capitec Bank, gee dié vyf wenke om jou te help om jou rande te rek.

  

Die rentekoers wat op verskillende kaarte gehef word, kan ’n groot invloed hê op jou skuldvlakke. Vind uit wat die rente is wat jy betaal. Foto: Pixabay

   

1. See nee vir daardie ‘bederfies’

Gaan kyk mooi na jou bankstaat en besluit wat jy regtig nodig het en wat net luukshede, oftewel “bederfies”, is.

Kan jy dit regtig bekostig om gereeld te gaan uiteet of elke dag middagete in die kafeteria by die werk te eet?

   

2. Gebruik digitale bankdienste

Terwyl jy nou besig is om jou banksake te hersien, maak seker jy gebruik digitale dienste. Dit is baie goedkoper as om ’n tak te besoek.

   

3. Woeker met jou talente

Die salaris wat jy by jou werkgewer verdien, hoef nie jou enigste inkomste te wees nie. Daar is deesdae baie geleenthede om via aanlyn portale ’n ekstra inkomste te verdien. Jy kan byvoorbeeld ’n ongebruikte kamer in jou huis aanlyn adverteer en uitverhuur. Plaas die geld wat jy ekstra verdien in ’n aparte spaarrekening om só ’n noodfonds te skep. Moenie dit aan luukshede bestee nie. Maak net seker wat jou werkkontrak sê oor ’n tweede inkomste.

   

4. Dink mooi oor krediet

Die rentekoers wat op verskillende kaarte gehef word, kan ’n groot invloed hê op jou skuldvlakke. Vind uit wat die rente is wat jy betaal. Oorweeg dit om jou skuld in een leningsrekening met ’n laer rentekoers te konsolideer.

Moet ook nie huiwer om na ander banke as “jou bank” te kyk om na beter produkte te soek nie.

   

5. Verdien rente

Net soos wat rente ’n groot invloed op jou skuld kan hê, kan dit ook ’n verskil maak wanneer jy geld spaar. Vind uit waar jy die beste rente kan verdien op die geld wat jy spaar.

Meer oor:  Spaar  |  Finansiële Beplanning  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.