Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
5 wenke om jou spaarvarkie vet te voer

Lyk jou arme spaarvarkie of hy homself aan die einde van baie maer jare bevind? Hoe spaar ’n mens geld wanneer die ekonomie onder druk is? Hier is vyf wenke vir hoe om geld te spaar.

  

1. Spaar outomaties

Jy kan nie geld uitgee wat jy nie het nie. Stel ’n outomatiese oorplasing op jou rekening wat ’n bedrag – al is dit net R50 – elke maand na ’n spaarrekening oorplaas. Jy is altyd welkom om gedurende die maand méér in die rekening oor te plaas, maar moenie sonder ’n baie goeie rede jou spaargeld spandeer nie.

Voer steeds jou spaarvarkie spekvet, al druk die ekonomie.

2. Rol jou moue op

Het jy ’n huis- of tuinhulp wat jou help of laat jy jou hond bad? Kan jy regtig die diens bekostig? Indien nie, rol eerder jou moue op en was self jou klere en die hond en sny self jou gras. Jy kan ’n deel van die geld wat jy voorheen vir die diens betaal het, spaar en die res gebruik om enige tekorte op jou begroting aan te vul.

3. Maak ’n plan met vervoer

Taxidienste soos Uber is baie nuttig en gerieflik. Dit is ook duur. Vind uit watter openbare vervoer wel in jou omgewing beskikbaar is indien jy nie jou eie motor het nie. Vorm ’n ryklub met vriende en/of kollegas waar moontlik.

4. Klou vas aan daai munte

Kry jy dikwels munte wat jy “iewers” gooi en nooit weer sien nie? Gooi hulle in ’n groot bottel. Neem hulle bank toe en ruil vir note of deponeer dit in jou spaarrekening. Jy sal verbaas wees hoe vinnig jy ’n heel billike bedrag “verdien” deur net jou munte te spaar.

5. Spaar met daardie koffie

Koop jy graag koffie of middagete by die werk? Werk uit hoeveel minder dit jou gaan kos om dit in ’n fles en kosblik saam te neem werk toe. Betaal die verskil in jou spaarrekening.

Meer oor:  Spaar  |  5 Wenke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.