Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
5 wenke om veilig aanlyn te bank

Nóg twee banke het die afgelope week nuwe aanlyn bankdienste bekend gestel. Tog het die bankombud onlangs wéér gewaarsku oor die gevare wat aanlyn bankdienste inhou. Neil Thompson, produkhoof by African Bank, gee vyf wenke om te verseker jy bank altyd veilig.

  

1. Kodes en wagwoorde

  

Hou altyd jou kodes en wagwoorde ’n geheim. Verander dit onmiddellik, selfs as jy net vermoed ’n vreemdeling kon moontlik toegang tot jou rekening kry.

  

2. Uniek

  

Maak seker die wagwoorde en kodes wat jy vir bankdienste gebruik, is uniek. Moet nié dieselfde wagwoorde en kodes vir byvoorbeeld jou e-pos of sosialemediaprofiel gebruik nie.

  

3. Speel veilig

  

Gebruik net rekenaars en toestelle wat jy weet veilig is wanneer jy bankdienste doen. Moet dit nie op ’n rekenaar doen wat beskikbaar gestel word vir die algemene gebruik deur die publiek nie.

  

4. Boodskappe

  

Moet nooit eienaardige e-posse of boodskappe met skakels in wat sogenaamd van jou bank kom, oopmaak of daarop kliek nie. Selfs al lyk die e-posadres of dit van jou bank kom, kan dit ’n skurk met ’n vals rekening wees wat jou besonderhede wil bekom. As jy twyfel, bel jou bank en vra of hulle die boodskap gestuur het.

  

5. Bel terug

  

As iemand “van jou bank” jou bel en besonderhede oor jou rekening vra, moet dit nie outomaties gee nie.

Vra die persoon vir hul kontakbesonderhede en bel die bank en vra of die persoon daar werk. Moenie die nommer bel wat die persoon gee nie.

Meer oor:  African Bank  |  Bankombud  |  Banke  |  5 Wenke  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1998,31 (6435)
  • Top 40 52760,95 (-14192)
  • All Share 58756,01 (-18545)
  • Resource 10 47964,33 (30567)
  • Financial and Industrial 30 78603,2 (-47675)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.