Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
5 wenke vir ’n veilige reis
Jy gaan op jou droomreis oorsee, maar is jou versekering voldoende? Foto: Pixabay

Die Junie-skoolvakansie is net om die draai.

Beplan jy dalk ’n reis buite Suid-Afrika se grense? En weet jy of jy reg verseker is as iets skeefloop? Hier is vyf wenke om seker te maak dat jy voorbereid is vir ingeval die onverwagte gebeur.

1. Maak seker oor versekering

Reisigers kwalifiseer dikwels vir gratis reisversekering wanneer hulle vliegkaartjies met ’n kredietkaart betaal. Maak egter baie seker dat dié versekering jou ten volle dek. Indien nie, kan dit die moeite werd wees om bykomende versekering te kry.

2. Fokus op medies

Die versekeraar Santam sê die grootste onvoorsiene uitgawe wat jy in ’n noodgeval kan aangaan, is as jy mediese sorg benodig terwyl jy in die buiteland is. Maak dus 100% seker dat jou mediese versekering jou ten volle dek. Hiervoor kan jy bykomende reisversekering by ’n versekeraar óf by jou mediese fonds kry.

3. Wat gaan jy doen?

Dis een ding om net vakansie te gaan hou en iewers op ’n strand te gaan lê en te ontspan. Dis ’n ander saak as jy meer avontuurlustig is en iets soos rekspronge of ander waaghalsige aktiwiteite wil aanpak. Lig jou versekering vóór die tyd hieroor in sodat jy die regte dekking kan bekom.

4. Inentings

Die Suid-Afrikaanse regering vereis dat jy sekere inentings kry vóórdat jy sekere lande besoek. ’n Inenting teen geelkoors is ’n goeie voorbeeld. Maak baie seker dat jy dié inentings betyds kry want sou jy die siekte kry en jy is nié geënt nie, kan jou versekering moontlik weier om jou behandeling te betaal.

5. Waar is jy?

Los ’n gedetailleerde reisplan by ’n vriend of familielid vóórdat jy op reis gaan. Sou daar iets met jou gebeur, is dit makliker om jou op te spoor. Sluit die kontakbesonderhede van hotelle of plekke wat jy gaan besoek by die lys in.

Meer oor:  Santam  |  Vakansie  |  5 Wenke  |  Versekering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.