Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
5 wenke wanneer jy motors wil inruil
Maak seker jy weet wat jy doen voor jy jou ou motor vir ’n nuwe inruil.

Is dit nou tyd dat jy jou motor inruil vir ’n nuwe een? Marius Neethling van Santam sê dié proses is nie net ’n geval van handig een stel sleutels in en vat die nuwes nie.

Hier is sy vyf wenke vir die beste transaksie.

1. Weet wat jou motor werd is.

Maak seker jy weet presies wat jou motor werd is vóór jy na ’n handelaar gaan. Op dié manier is jy verseker jy word die regte ruilwaarde aangebied óf dat jy nie ’n aardige skok kry wanneer jy heelwat minder aangebied word nie. Gebruik aanlyn webtuiste waar tweedehandse motors geadverteer word om vas te stel wat jou motor werd is.

2. Ken die woordeskat.

Maak seker jy is vertroud met die woordeskat wat ’n handelaar gaan gebruik. Die kleinhandelwaarde van jou motor is die prys waarteen die handelaar dit gaan verkoop; die markwaarde is die prys wat jy sal kry as jy self jou motor verkoop; en die ruilwaarde is wat die handelaar jou gaan aanbied as jy die motor aan hom/haar “verkoop” as deel van die paaiement op jou nuwe motor.

3. Wil jy ruil of dalk tog eerder verkoop?

Besluit of jy regtig jou motor gaan inruil of dalk eerder self verkoop en dan dié geld as eerste paaiement vir jou nuwe motor gaan gebruik. Daar is nie ’n regte of verkeerde manier nie. Maak seker jy weet presies wat die voor- en nadele van albei opsies is.

4. Kan jy die nuwe motor bekostig?

Maak seker jy kan wel die nuwe motor bekostig nog vóór jy met enige ruiltransaksies begin. Dit gaan nie net oor die paaiement nie, maar ook die koste om hom op die pad te hou. Dit sluit versekering in.

5. Skuld jy nog geld op jou motor?

As jy nog geld op jou motor wat jy wil inruil skuld, gaan jy eers dié skuld moet afbetaal voor jy die res op ’n nuwe motor kan beste. Maak seker wat jou uitstaande skuld is en lig die handelaar van die begin af hieroor in.

Meer oor:  Santam  |  5 Wenke  |  Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.