Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
7 dinge wat FNB-kliënte oor bankkoste moet weet

Dit is daardie tyd van die jaar vir FNB-kliënte wanneer die bank sy bankkoste en voordele hersien en veranderinge vir die komende jaar aankondig.

FNB het van sy bankkoste verlaag. Foto: Reuters

Die bank het ’n nuwe bankrekening bekend gestel om beter mee te ding in die middelinkomstemark, en het aangekondig dat intree-bankrekeninge se maandelikse tarief onveranderd bly, maar dié vir meer welvarende kliënte is verhoog.

Die veranderinge geld van 1 Julie vanjaar tot einde Junie volgende jaar, en sluit in:

1. Nuwe rekening

’n Nuwe bankrekening vir middelinkomstegroepe wat as FNB Aspire bekend staan en die FNB Gold vervang.

“Ons pas ons produkte en dienslewering voortdurend aan om tred te hou met ons kliënte se behoeftes, terwyl ons ook ons mededingende voordeel verhoog,” sê Raj Makanjee, uitvoerende hoof van FNB Retail.

Dié rekening se maandeliks bankkoste daal van R109 tot R99 vir kliënte wat tussen R180 000 en R450 000 per jaar verdien. Voordele van die rekening sluit in dat jou eggenoot 50%-afslag op die maandelikse bankkoste kry.

2. Vir jong mense

Die intree-rekening se maandelikse koste bly onveranderd.

Geen maandelikse bankkoste word steeds op FNB-bankrekeninge vir jong mense onder 25 gehef nie, maar kontantonttrekkings vir dié kliënte van onder 18 jaar oud sal van R8 tot R7 per R1 000 daal.

Die stuur van geld met FNB se eWallet-geld styg met 20c per transaksie, asook die prys om ’n fout om te keer.

3. Kontant

Kontantonttrekkings deur Easy Zero-kliënte by ’n kitsbank van FNB word van R8 tot R7 per R1 000 (tot R2 000) verlaag.

Vir dié gratis rekening wat geen maandelikse bankkoste het nie, styg die pryse egter effens vir ’n paar dienste.

Kontantonttrekkings by ander banke se kitsbanke vir Easy Zero-kliënte sal nou R3 meer kos, naamlik R15 per R1 000.

Ander verhogings sluit in die stuur van geld van jou FNB-rekening na ’n Easy Zero-rekening, wat met 20c per R100 verhoog word. Dit kos nou R2 plus R2,20 per R100.

Algemene bankkoste soos die omkeer van ’n fout met eWallet per telefoon of banktak verhoog van R55 tot R60 en dié per selfoonbankdiens sal van R15 tot R16 styg.

4. Verhogings

Die maandelikse bankkoste vir die bokant van die mark styg.

Dit sluit in die FNB Premier-rekening wat as volg verhoog:

  • Fusion van R209 tot R219; en
  • Tjekrekening van R219 tot R229.

Die bankkoste van ’n rekening vir ’n eggenoot daal.

Die res van die bankkoste bly grootliks onveranderd, maar sekere onttrekkings en deposito’s word effens duurder. Ook balanskennisgewings van die bank word effens duurder. Die koste om geld per eWallet te stuur, word ook effens duurder.

5. Ryker kliënte

Die maandelikse bankkoste vir die bank se Private Clients-rekening styg as volg:

  • Fusion van R385 tot R399; en
  • ’n Tjekrekening van R399 tot R419.

Ook die bankkoste van ’n rekening vir ’n eggenoot word verlaag.

Sekere onttrekkings en deposito’s asook balanskenninsgewings word effens duurder.

Betaalkennisgewings is nou gratis. Sekere eWallet-kostes word ook effens duurder.

Welvaart-kliënte se bankkoste styg as volg:

  • Fusion styg per maand van R470 tot R499; en
  • Die tjekrekening van R499 tot R529.

Die maandelikse koste van ’n rekening vir wederhelftes daal ook.

6. Meer plekke om eBucks te verdien

Meer vennote, soos die iStore, is vir eBucks-belonings vir private en welvaartkliënte gekry.

’n Aanvanklike besluit om die Slow Lounge-voordele vir Premier-kliënte weg te neem, is egter gedurende die week omgekeer.

Johan Moolman, hoof van eBucks-belonings, sê dit beteken dat dié kliënte steeds agt besoeke per jaar kry, en 12 addisionele besoeke kry as hulle ’n vlug deur eBucks Travel bespreek. Die gratis besoeke aan dié lughawe-sitkamers sou aanvanklik slegs verkry kon word as vliegtuigkaartjies deur eBucks Travel gekoop is.

7. Sakekliënte

Weens die stadige pas waarteen die ekonomie herstel, het FNB ook aangekondig dat die maandelikse bankkoste vir sakekliënte vir die derde jaar onveranderd bly.

Verskeie elektroniese transaksies is ook gratis of verlaag. Dit sluit in betaalkennisgewings via SMS en e-pos. Die koste vir elektroniese betalings en invorderingskoste is verlaag.

Gordon Little, FNB se kommersiële hoof, sê First Business Zero bly die mededingendste bankrekening in die land vir klein ondernemings en alleeneienaars. Die rekening het geen maandelikse koste nie, asook gratis elektroniese oordragte, betaalkennisgewings en onttrekkings by kassiere, en ander voordele.

Meer oor:  Fnb  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.