Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
7 redes waarom ons nie (genoeg) spaar nie

Suid-Afrikaners is baie swak spaarders. Boonop het hulle ’n baie “ongesofistikeerde siening van wat spaar behels”.

spaarmaand
Maak jy verskonings om te spaar? Foto: iStock

Vir baie mense is “spaar” bloot as hulle minder bestee of ’n winskopie kan losslaan, sê Lynette Nicholson, navorsingshoof van Old Mutual. Baie min mense belê dié laer besteding, met net 7% van Suid-Afrikaanse huishoudings wat ’n effektetrust- of beursverhandelde fonds het.

Old Mutual se Spaar- en Beleggingsmonitor vir 2019 raam dat die gemiddelde stedelike, werkende huishouding in Suid-Afrika 16% van hul inkomste spaar. Dit sluit alle vorme van spaar in – van aftreefondse tot polisse tot stokvels.

35% van huishoudings sê hulle spaar nou meer as ’n jaar gelde, maar 46% sê hulle spaar minder. 19% spaar min of meer dieselfde bedrag.

Onder die redes wat mense aangee waarom hulle minder spaar, is omdat die eise op hul geld gestyg het. 77% van huishoudings gee dit as ’n rede. 26% sê hul inkomste het gedaal, en 15% sê dis omdat hul skuldvlakke so hoog is. (Respondente kon meer as een rede gee.)

As huishoudings wat méér spaar, gevra word waarom, gee net 54% as rede dat hulle meer geld verdien. 27% sê hulle dink anders oor spaar en 26% sê hulle bestuur hul skuld beter. (Respondente kon meer as een rede gee.)

Dié antwoorde dui op hoe belangrik die prioritisering van spaar is.

Old Mutual gee die volgende sewe verklarings waarom Suid-Afrikaners nie genoeg spaar nie:

  

1. Statusbewustheid

“Ons wil ons status toon deur die dinge – en toenemend ervarings – wat ons koop. Kleinhandelaars weet baie goed hoe om dié gedrag uit te buit.”

  

2. Oormatige selfvertroue

“Mense onderskat hoeveel geld hulle later in hul lewe gaan nodig het, en oorskat hoeveel hulle teen die einde van hul loopbaan sal verdien.”

  

3. Status quo-vooroordeel

“Ons sloer en stel onaangename take uit, selfs al weet ons hulle is belangrik. Wat die onaangenaamheid vererger, is die oorweldigende kompleksiteit, wat kan lei tot ’n gevoel van verlies aan beheer. Meer keuses bring mee dat minder besluite geneem word.”

  

4. Afkeer in verlies

“Om R100 te verloor, maak seerder as die genot as jy R100 ‘wen’. Om geld vir ’n toekomstige gebeurtenis weg te sit, is pynlik. Die teenoorgestelde is ook waar: Om met jou kredietkaart te betaal, verplaas die pyn die toekoms in, terwyl die plesier onmiddellik is.”

  

5. Identiteitsgaping

“Ons sukkel om met toekomstige weergawes van onsself te identifiseer en neem daarom nie stappe om ‘hulle’ te help nie. Ons dink eenvoudig nie aan ons eie bejaardheid nie.”

  

6. Ingewikkeldheid

“Dit kan moeilik wees om te spaar (baie papierwerk) en maklik om geld te onttrek (net die klik van ’n knoppie). Ons moet spaar die verstek-posisie maak.”

  

7. Gedragsfoute as ons belê

Old Mutual sê ook wanneer mense belê, maak hulle gedragsfoute wat die waarde van hul spaargeld vernietig.

Meer oor:  Old Mutual  |  Spaarwenke  |  Spaar- En Beleggingsmonitor  |  Spaar  |  Spaarmaand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2579,48 (5818)
  • Top 40 48247,95 (-18709)
  • All Share 53995,82 (-19210)
  • Resource 10 42465,54 (-4274)
  • Financial and Industrial 30 73008,97 (-35550)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.