Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Al hoe meer mense betaal nie hul skuld

Al hoe meer Suid-Afrikaners raak agterstallig met veral hul huis- en motorskuld, maar die Reserwebank is nie bekommerd dat dit die hele finansiële stelsel in duie sal laat stort nie.

Meer Suid-Afrikaners is nou agterstallig met hul huisverband as ses maande gelede. Foto: iStock

Die Reserwebank se tweede verslag oor finansiële stabiliteit vir 2018, wat Woensdagaand laat uitgereik is, lig uit dat dit ’n moeilike jaar vir die finansiële stelsel en die Suid-Afrikaanse ekonomie in die algemeen was. Die druk op verbruikers in die trae ekonomie word duidelik uitgelig.

Suid-Afrikaanse banke het steeds meer as die minimum kapitaalvlakke wat regulasies vereis, maar die Reserwebank sê die sektor lyk “al hoe kwesbaarder” in die lig van die moontlikheid dat Suid-Afrika verder afgegradeer gaan word. Banke besit ’n groot persentasie van die land se staatseffekte.

“Op mediumtermyn kan die sektor ook aan nuwe risiko’s blootgestel word, na gelang van of en hoe die voorgestelde beleid van grondonteiening sonder vergoeding in werking gestel word.”

Die Reserwebank sê een van die belangrikste aanwysers van risiko in die banksektor, verswakte lenings as ’n persentasie van die totale lenings van banke, het die afgelope ses maande agteruitgegaan.

Verswakte lenings is waar mense agterstallig geraak het met hul terugbetalings, dikwels in so ’n mate dat die bank die skuldooreenkoms moes aanpas; daar is dan gewoonlik kommer of die bank al die geld aan hom verskuldig sal kan invorder.

  • In Desember 2017 is 2,84% van alle lenings as verswak beskou. Dit het gestyg tot 3,5% in Julie 2018.
  • Verswakte lenings op hul eie het sedert Januarie met 29% oftewel R31,8 miljard tot R141 miljard gestyg.

Die Reserwebank sê ’n deel van dié verswakking kan toegeskryf word aan die inwerkingstelling van nuwe boekhoudingsregulasies, die Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFRS) 9, wat ’n ander manier daarstel om die risiko van wanbetaling te meet.

Die Reserwebank sê egter banke het hul voorsiening vir oninvorderbare skuld verhoog met méér as wat verswakte lenings gestyg het. Banke se dekking vir verswakte lenings het van 42,59 keer in Desember tot 43,94 keer in Julie gestyg.

’n Ander maatstaf van kredietrisiko in die banksektor – die persentasie lenings wat 90 dae agterstallig is – het ook effens toegeneem. Dit was in die laaste kwartaal van 2017 1,94% van lenings, en was in die ses maande tot Junie 2018 2,07%.

Volgens die Reserwebank is dit veral motor- en huislenings waar “kredietstres” toegeneem het.

Kubersekerheid

Een van die risiko’s wat die Reserwebank ontleed, is kuberaanvalle op banke en hul kliënte. Volgens die Reserwebank is 13 438 aanlyn “voorvalle” in 2017 aangemeld waarin ’n verlies van meer as R250 miljoen gely is.

In die eerste agt maande van 2018 was die bruto verliese 7% hoër as in die eerste agt maande van 2017.

Die Reserwebank sê die risiko wat kuberaanvalle vir die banksektor inhou, is matig, maar indien ’n groot aanval slaag, sal dit ’n groot invloed hê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1080,73 (-281)
  • Top 40 45805,4 (-2780)
  • All Share 51999,45 (-11034)
  • Resource 10 39447,92 (-95050)
  • Financial and Industrial 30 68737,01 (53875)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.