Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Amper 70% kry geld terug van SAID

Net meer as 68% van die 4,3 miljoen individuele belastingbetalers wat in 2019-’20 ’n belastingaanslag van Jan Taks ontvang het, het ’n terugbetaling gekry.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is na bewering oor ’n tydperk van ses jaar deur ’n ma en seun van Kaapstad bedrieg. Foto: Gallo Images/Jacques Stander

Nog 18% het die belastinggaarder geld geskuld en 13,6% het ’n nul-aanslag gehad.

Mamiky Leolo, ’n senior bestuurder by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het Vrydag in ’n werksessie oor die jaarlikse belastingstatistieke gesê dié meer as 4 miljoen belastingbetalers se gesamentlike belasbare inkomste was R1 600 miljard en hul belastingplig R360 miljard. Die gemiddelde belastingkoers was 22,5% vergeleke met 21,6% in die vorige belastingjaar.

In die 2019-’20-belastingjaar het persoonlike inkomstebelasting 39% van die totale belastinginkomste uitgemaak. Dit is meer as die 36,6% in 2015-’16.

Sowel BTW as maatskappybelasting se bydrae as persentasie tot die totale belastinginkomste het gedaal. BTW het in 2019-’20 25,6% bygedra (2015-’16: 26,3%) en maatskappybelasting 15,9%, teenoor 18% vier jaar gelede.

Die grootste deel van die R368 miljard in aftrekkings wat toegelaat is, was vir belastingbetalers wie se inkomste R500 000 of meer is.

Van hul inkomste is 12,5% as aftrekkings toegelaat. Aftrekkings as ’n persentasie van inkomste het in 2016 op 5,8% gestaan. Teen 2019 het dit tot 13,5% gestyg op grond van wetlike veranderings wat hoër aftrekkings toelaat vir bydraes tot aftrede.

In 2019 was daar net minder as 23 miljoen geregistreerde belastingbetalers.

Leolo het gesê nie almal van hulle hoef ’n belastingopgawe in te dien nie, maar hulle moet geregistreer wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.