Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Ander bank se kitsbank: Dis hoe jou bank jou ‘straf’

As jy skielik kontant moet onttrek, maar kan nie ’n kitsbank van jou eie bank opspoor nie, hoop ons jy is nie ’n FNB-kliënt nie. (Volledige grafika oor koste hieronder.)

Dié bank vra die hoogste bankkoste as jy geld by ’n ander bank se kitsbank onttrek, oor alle bedrae heen. As jy geld só móét onttrek, dink vooruit.

FNB vra die hoogste bankkoste as jy geld by ’n ander bank se kitsbank onttrek.

Hou die bedrag so klein as moontlik as dit ’n eenmalige glips is, maar onttrek meer as jy weet jy gaan lank weg van jou bank se kitsbank wees. Die koste om R2 000 te onttrek (R47), is omtrent twee en ’n half keer meer as om R500 te onttrek (R18,50), maar dit beteken dis goedkoper om een keer R2 000 te onttrek eerder as vier keer R500.

Die Solidariteit Navorsingsinstituut se Bankkosteverslag vir 2018, wat pas uitgereik is, wys daarop dat die koste van onttrekkings by ander banke se kitsbanke nie ingesluit is by banke se bondelrekeninge nie.

Old Mutual is die goedkoopste as jy by ’n ander bank geld onttrek – slegs R8,50 – maar dit is slegs vir die eerste vier onttrekkings. Omdat Old Mutual min van sy eie kitsbanke het, gaan die meeste mense wat hier bank, waarskynlik meer as vier onttrekkings per maand doen. Van die vyfde onttrekking vra Old Mutual R13 per transaksie.

Daarom lys die verslag Capitec (R8,83) as die goedkoopste as jy by ’n ander bank geld onttrek.

Capitec (R8,83), Absa (R12,11) en Old Mutual (R8,50 of R13) is die enigste drie banke wat die transaksiekoste dieselfde hou, ongeag watter bedrag jy onttrek.

Nedbank het sy gelde vir die PayU-rekening vir dié transaksies verhoog en is vanjaar in die vierde plek, gevolg deur Standard Bank.

FNB is “ongemaklik op die duurste plek”: “Dit lyk of FNB regtig sy kliënte probeer ontmoedig om kontant by ’n ander bank se kitsbank te onttrek.”

Capitec, Old Mutual en Absa vra een bedrag ongeag hoeveel geld jy onttrek.
Meer oor:  Nedbank  |  Absa  |  Capitec  |  Standard Bank  |  Old Mutual  |  Kitsbank  |  Bankbedryf  |  Banke  |  Kitsbanke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.