SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Geldsake
Arm verbruikers wen in besluit oor mikrolenings

Mikroleners mag nie appelleer teen die uitspraak van die hooggeregshof oor die maksimum rentekoers wat hulle op korttermynlenings mag hef nie.

Mikrofinansiers Suid-Afrika (MFSA) se aansoek om verlof tot appèl teen die beslissing van die hooggeregshof in Pretoria oor die kwessie, is deur die appèlhof in Bloemfontein afgewys.

Wie is die MFSA?

Die MFSA is ’n organisasie sonder winsbejag wat ongeveer 500 individue en entiteite verteenwoordig wat korttermynkrediet verskaf en in die omgangstaal as mikroleners bekend staan. Sy lede bedryf sowat 1 190 takke landswyd.

Die MFSA het in die eerste hofaansoek aangevoer hy verteenwoordig 30% van die mikroleners in die land.

Netwerk24 het in Augustus berig ’n volbank regters van die hooggeregshof het beslis die gedeelte oor korttermynlenings in die regulasies oor diemaksimum rentekoerse wat op lenings gehef mag word, is geldig.

Dié regulasies is in Mei 2016 afgekondig en die MFSA het die gedeelte wat op korttermynlenings betrekking het, hersien. Korttermynlenings is lenings kleiner as R8 000 en moet binne ses maande terugbetaal word. Die regulasies beperk ook die rentekoerse wat kredietverskaffers op ander tipe lenings mag hef, asook die aanvangsgeld en diensgeld wat gehef mag word.

Die regulasies verlaag die rentekoers op ’n tweede korttermynlening wat binne ’n gegewe kalenderjaar aangegaan word, van 5% tot 3% per maand.

Die eerste uitspraak deur die hooggeregshof in Pretoria in November 2016 het bevind dat die regulasies oor maksimum rentekoerse op korttermynlenings tersyde gestel moet word.

Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) en die departement van handel en nywerheid het daarna appèl aangeteken teen dié uitspraak.

Die hof het in die appèlsaak bevind nie al die getuienis wat die departement en die NKR gelewer het, is in ag geneem nie. Die hof het bevind die gedeelte in die regulasies oor korttermynlenings is geregverdig om die skuldlas op verbruikers te verlig.

“Dit sal nie in die belang van geregtigheid wees om die regulasies tersyde te stel en miljoene verbruikers in ’n posisie te plaas waar hulle die hoër rentekoerse betaal bloot omdat ’n klein getal kredietverskaffers voel die regulasies raak hul winsgewendheid nie.”

Die MFSA se aansoek om appèl teen dié uitspraak is op 8 November deur die appèlhof in Bloemfontein afgewys.

Die NKR het in ’n verklaring gesê die regulasies verlaag die rentekoerse op ’n tweede korttermynlening wat binne ’n gegewe kalenderjaar aangegaan word, van 5% tot 3% per maand.

Lees hier die eerste berig wat die lang aanloop tot die eerste hofsaak verduidelik: Mikroleners juig oor uitspraakoor rentekoerse

Daarna, in Desember 2016, het die NKR en departement aangekondig hulle gaan appèl aanteken: Hoftwis oor mikrolenings duur voort

In Augustus vanjaar is berig: Hof beslis in NKR se guns oor rentekoers

Meer oor:  Lenings  |  Nasionale Kredietreguleerder  |  Krediet  |  Nkr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.