Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Babaklere mág tydens inperking verkoop word

Babaklere vir babas tot 36 maande oud mag wel in winkels verkoop word.

Babaklere word as noodsaaklike produkte beskou. Foto: iStock

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, sê hy het versoeke gekry dat onduidelikheid opgeklaar moet word oor die regulasies wat op 25 Maart ingevolge die rampbestuurswet afgevaardig is.

Die regulasies verwys na “produkte vir die sorg van babas en kleuters” as noodsaaklike produkte.

“Nadat ons versoeke gekry het om die onduidelik op te klaar, bevestig ons dit sluit babaklere, -komberse, -handdoeke en ander noodsaaklike bykomstighede vir pasgeborenes, babas en kleuters tot 36 maande oud in.”

Patel sê om seker te maak die inperking is doeltreffend om die verspreiding van die virus te beperk, mag alle winkels wat tans toegelaat is om oop te bly vir die verkoop van ander noodsaaklike goedere, insluitende supermarkte, dié produkte verkoop.

“Ons was in verbinding met die uitvoerende hoofde van die groot kleinhandelaars wat onderneem het om dié produkte te verkoop teen pryse wat bloot hul basiese produksie- en verspreidingskoste dek gedurende die inperking.”

Hospitale en klinieke mag die produkte regstreeks aankoop indien nodig om die babas in hul sorg te versorg.

Meer oor:  Kleuters  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.