Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Bank mag nie huis vat vir dié kleingeld

’n Egpaar het byna hul huis verloor nadat FirstRand Bank hulle hof toe geneem het omdat hulle per abuis enkele maande nagelaat het om ’n versekeringspremie van R619,76 te betaal.

Daar was ’n misverstand en die egpaar is onder die indruk gelaat dat die paaiement van R16 344,52 die versekeringspremie insluit. Foto: iStock

Die hooggeregshof in Pretoria het geweier om ’n summiere vonnis teen Ezekiel en Mercy Ditaunyane aan FirstRand toe te staan omdat dit ’n onreg sou wees. Die egpaar het wel hul maandelikse verbandleningspaaiement van R16 344 getrou betaal.

Die Ditaunyanes het agterstallig geraak met die terugbetalings van hul verbandlening van R2 115 000 en ’n skuldberader gevra om hulle te help met die hersiening van hul skuld.

Die skuldberader het ’n herskikking van die skuld aan die bank voorgestel, wat in Mei 2016 deur die bank aanvaar is.

Dit het behels dat die egpaar R16 344,52 en die maandelikse huiseienaars-versekeringspremie van R619,76 sou betaal. Die landdroshof het die herskikking bekragtig.

Daar was egter ’n misverstand en die egpaar is onder die indruk gelaat dat die paaiement van R16 344,52 die versekeringspremie insluit. Hulle het toe ’n paar maande lank nagelaat om dit te betaal.

Toe FirstRand hulle daaroor dagvaar, het hulle hul fout besef en R10 000 by die bank inbetaal om die agterstallige skuld uit te wis. Hul prokureur het in ’n brief aan die bank gesê die feit dat hulle nie die versekeringspremies betaal het nie, is nie hul fout nie, maar ’n bona fide- administratiewe fout van die skuldberader.

FirstRand het nie op dié brief gereageer nie en voortgegaan met ’n hofaansoek.

Regter Elizabeth Kubushi het gesê die egpaar moet die voordeel van die twyfel kry. Hulle het op advies van die skuldberader die inhoud van FirstRand se aanvaardingsbrief van die skuldherskikking misverstaan. 

Meer oor:  Huislening  |  Agterstallige Skuld  |  Krediet  |  Skuld  |  Banke  |  Huisverband
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.