Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Bank mag nie meer geld net tussen rekeninge oorplaas

Jou bank mag nie meer sonder jou toestemming geld uit jou bankrekening neem om jou skuld by dieselfde bank te vereffen nie.

Jou geld mag nou nie meer sonder jou toestemming deur bank geneem word om jou agterstallige skuld te dek nie. Foto: Pixabay

Dit beteken jou bank mag nie die geld in jou tjek- of spaarrekening outomaties na ’n persoonlike, motor- of huislening of kredietkaart skuif sonder dat jy ’n debiet- of aftrekorder gemagtig het nie.

Die hooggeregshof in Johannesburg het Donderdag beslis dat banke nie meer ’n praktyk mag beoefen waar geld uit ’n kliënt se rekeninge met positiewe balanse outomaties geneem word om agterstallige skuld in ander rekeninge by dieselfde bank te dek nie.

Volgens die hof is dit noodsaaklik dat verbruikers self moet kan besluit hoe om hul skuldsake te hanteer en hul eie oorlewing terselfdertyd te kan verseker.

Die saak, tussen die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) en Standard Bank het ontstaan omdat die bank gemenereg gebruik het om dié praktyk te regverdig.

Volgens die NKR was daar onduidelikheid oor die interpretasie van art. 124 van die Nasionale Kredietwet wat gelei het tot banke se gebruik van gemenereg in sodanige gevalle.

Banke verwys na die praktyk as die “reg tot verrekening”.

Die NKR het die hof gevra vir ’n verklarende uitspraak om die teenstrydigheid tussen gemeneregbeginsels uit te klaar.

Die Menseregtekommissie, wat as ’n vriend van die hof tot die saak toegetree het, sê in ’n verklaring die Nasionale Kredietwet se doel is om verbruikers te beskerm en wetgewing te konsolideer binne een verstaanbare raamwerk. Dit was dus veronderstel om enige verdere gebruik van gemenereg uit te sny.

Hy was ook bekommerd oor die reg tot verrekening se beduidende inbreuk op veral die armes se menseregte.

Volgens die Menseregtekommissie het dit in die praktyk gelei tot die beslaglegging op inkomste van mense wat dit broodnodig het net om kos op hul bord te plaas.

Verbruikers sal nou heeltemal beskerm word teen finansiële probleme wat veroorsaak word deur die willekeurige oordrag van geld uit hul bankrekeninge deur banke.
Lebogang Selibi

Gemenereg bied ook geen van die beskerming wat die Nasionale Kredietwet juis wou verseker nie. Dit buit dus die kwesbaarste lede van die samelewing net weer uit.

Lebogang Selibi, skakelbeampte van die NKR, sê verbruikers kan nou vertroue hê dat die Nasionale Kredietwet hulle behoorlik beskerm.

“Verbruikers sal nou heeltemal beskerm word teen finansiële probleme wat veroorsaak word deur die willekeurige oordrag van geld uit hul bankrekeninge deur banke,” sê Selibi.

Die Menseregtekommissie is ook tevrede met die vlak van beskerming wat die wet nou aan verbruikers bied.

“Die uitspraak is nou eindelik in pas met die doeleindes van die Nasionale Kredietwet, wat die maatskaplik-ekonomiese welstand van Suid-Afrikaners moet bevorder.

“Dit sal nou ’n broodnodige veiligheidsnet verskaf wat verbruikers van finansiële skokke sal isoleer, aangesien kredietverskaffers nou moet voldoen aan die voorwaardes uiteengesit in art. 124 van die Nasionale Kredietwet.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2176,76 (1034)
  • Top 40 50134,22 (-73968)
  • All Share 56220,41 (-67482)
  • Resource 10 43812,73 (-19543)
  • Financial and Industrial 30 76180,46 (-139445)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.