Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Bankbedrog: Moenie hiervoor val nie
Bedrieërs kontak mense graag op hul selfone. Foto: Unsplash

Skelms maak steeds alte graag gebruik van bedrieglike telefoonoproepe in hul pogings om Suid-Afrikaners uit te vang, toon navorsing deur die kuberveiligheidsfirma Kaspersky.

Bedrieërs het ’n verstommende 59% van Suid-Afrikaners met ’n bankrekening in die eerste ses maande van die jaar gekontak, het Kaspersky bevind.

In die meeste gevalle (74%) was dit per telefoon, met die bedrieër wat voorgee dat hy of sy die persoon vanaf ’n gerekende finansiële instelling kontak.

Bedrieërs slaag nie met elke poging nie, maar hul metodes word al hoe meer gesofistikeerd, waarsku Kaspersky.

Hulle doen eers heelwat navorsing oor elke moontlike slagoffer en gebruik al meer tegnieke om mense te oortuig dat hulle betroubaar is.

In 40% van die gevalle het die bedrieër byvoorbeeld die moontlike slagoffer se regte volle naam en van geken. In 20% van die gevalle het die bedrieër selfs die slagoffer se bankbesonderhede geken.

Met sulke inligting tot hul beskikking het die bedrieërs al meer ammunisie om die persoon aan die ander kant van die telefoonoproep te oortuig dat hulle legitiem is.

Sodra die bedrieër tot die slagoffer deurdring en sy of haar aandag het, probeer hulle naarstig om nog inligting uit hulle te wurg.

Van die metodes wat hulle inspan, sluit in om te vra vir bevestiging van sekere inligting (60% van gevalle), inligting te gee oor die blok van bankkaarte (44% van gevalle) of om ’n lening aan te bied (62% van gevalle).

In 26% van die gevalle probeer die bedrieërs ook om die slagoffer te oortuig om ’n eenmalige pin bekend te maak wat per SMS ontvang is. In 35% van die gevalle probeer hulle dan die slagoffer oortuig om geld na ’n spesiale rekening oor te plaas.

bedrog

“Ongelukkig weet baie mense nog nie hoe om misdadige gedrag uit te ken nie,” sê Amin Hasbini, hoof van navorsing by Kaspersky se navorsingsentrum in die Midde-Ooste.

Nog ’n taktiek is om slagoffers te probeer uitvang wanneer hul aandag afgelei is. Daarom vind die meeste van die bedrieglike oproepe in werktyd plaas.

Mense wie se aandag afgelei word deur ander dinge is meer geneig om vir die bedrieërs se foefies te val, juis omdat hul aandag tydens die oproep verdeel is.

Volgens Kaspersky se navorsing beloop die gemiddelde bedrag per geval wat weens bedrog verloor word tans meer as R700 in Suid-Afrika.

Jaarliks verloor Suid-Afrikaners miljoene rande aan bedrog.

Wenke om bankbedrog te keer:
  • Wees waaksaam wanneer jy oproepe ontvang van iemand wat aanvoer dat hy of sy van jou bank is.
  • Moenie op skakels klik in e-posse of SMS’e nie.
  • Moet nooit jou kredietkaart se CVV-nommer of eenmalige pin met iemand deel nie.
  • As jy twyfel, beëindig onmiddellik die oproep en kontak die bank en vra of hulle jou gekontak het.


Meer oor:  Kaspersky  |  Kuberveiligheid  |  Bankbedryf  |  Geldsake  |  Bedrog  |  Bankbedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.