Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Banke grom oor regering se kredietwet-plan
Cas Coovadia, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid-Afrika.

Die banke hou nie van die manier waarop die regering mense met hul skuldlas wil help nie, want dit gee mense die reg om vir vyf jaar of langer geen rente of tariewe op lenings te betaal nie.

Die wysigingswetsontwerp beperk banke se vermoë om Suid-Afrikaners se spaargeld op te pas, kla die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa).

Basa het Vrydagmiddag te velde getrek teen die wysigingswetsontwerp wat tans deur die parlement se portefeuljekomitee oor handel en nywerheid bespreek word.

“Die wetsontwerp is nie ’n volhoubare ingrypingsmaatreël vir skuldbelaaides nie, en bedreig banke se vermoë om krediet aan lae-inkomsteverbruikers te verskaf. Dit balanseer nie die regte van verbruikers en die regte van kredietverskaffers nie, sê Cas Coovadia, besturende direkteur van Basa.

Coovadia noem die volgende probleme:

1. Die Nasionale Verbruikerstribunaal en die howe kry magte om skuldherstruktureringsbevele uit te reik wat rentekoerse, tariewe en gelde vir kredietooreenkomste tot nul kan verlaag vir vyf jaar of langer.

Dit gee in effek wetlike toegewings aan alle verbruikers wat hulp vra met hul skuldlas.

Dit beteken gesekureerde lenings, soos huisverbande, kan ook herstruktureer word tot ’n rentekoers van 0%, wat onvolhoubaar is vir banke en verbruikers wat gehoop het om rente op hul spaargeld te verdien. Die onbedoelde gevolge van dié aspek in die wetgewing is dat toegang tot krediet vir huise en ander bates, soos motors, moeiliker sal word en die koste daarvan sal waarskynlik styg.

Banke het ’n fidusiêre plig om die deposito’s van spaarders en beleggers te beskerm, want dit word gebruik om lenings toe te staan.

2. Die omvang van die toepassing van die voorgestelde wet is te breed. Mense wat vir skuldinmenging kwalifiseer moet ’n gemiddelde maandelikse bruto inkomste van onder R7 500 hê en totale uitstaande ongesekureerde skuld van R50 000. Hul skuld kan ná ’n tydperk van tot twee jaar afgeskryf word. In dié tyd sal die hef van rente, gelde, tariewe en die verpligting om aan die skuld af te betaal, opgeskort wees.

3. Die magte wat die minister kry om die drempels vir inkomste en ongesekureerde skuldvlakke te hersien en te verhoog word as ’n onwettige delegering van wetgewende mag beskou. Dit gee nie belanghebbers die geleentheid om in die openbaar aan die hersieningsproses deel te neem nie, wat dit ’n onbillike prosedure maak.

Die wetgewing skep onsekerheid vir kredietverskaffers, want hulle sal nie die risiko vir onbetaalde lenings akkuraat kan beraam nie, sê Coovadia.

Basa meen verbruikers wat skuldhersiening vra, kry reeds vrywillige toegewings op rentekoerse van banke – soveel as R3,4 miljard in 2016 en R3,976 miljard in 2017 – en groot bedrae skuld word elke maand deur die banke kwytgeskeld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.