Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Bankgelde: Goeie nuus vir FNB-kliënte
FNB gaan vanjaar nie sy bankgelde verhoog nie, en dit vir sommige produkte selfs verlaag. Foto: Reuters

Daar is goeie nuus vir die kliënte van FNB.

Die bank gaan vanjaar óf glad nie sy maandelikse bankgeld vir rekeninge verhoog nie, óf hy gaan dit selfs verlaag.

FNB sê Maandag in ’n verklaring inaggenome die invloed wat die Covid-19-pandemie op sy kliënte se finansies het, het hy besluit om nie sy bankgelde vanjaar te verhoog nie.

Die nuwe bankgelde is van 1 Julie van krag.

Die volgende rekeninge se maandelikse gelde bly onveranderd:

  • Easy
  • Gold
  • Premier
  • Private Clients
  • Private Wealth
  • RMB Private Bank

Ander veranderinge is as volg:

  • Die Gold Fusion-rekening se maandelikse rekeninggeld word van R109 tot R89 verminder. Daar sal ook vir tot 30 dae geen rente op kredietkaartaankope op dié rekeninge gehef word nie; en
  • Kliënte wat ’n Fusion Gold- of Fusion Premier-rekening saam met ’n persoonlike lening met ’n omwentelingsgerief het, kan gratis bank deur nuwe kortings te maksimeer.

Wat betref aankope en ander transaksies, geld die volgende:

  • Cash@Till-onttrekkings is gratis vir alle individuele kliënte;
  • Easy Smart-kliënte kry nou twee gratis transaksies per maand om geld met eWallet via die bank se app of FNB.mobi te stuur; en
  • Die aankoop van lugtyd en data via die bank se app, webwerf of FNB.mobi is gratis vir alle individuele kliënte.

FNB het ook veranderinge aan sy eBucks-beloningsprogram aangekondig:

  • eBucks vlak 1 begin nou met geen punte. Kliënte kry nuwe eenmalige punte om hulle te help om vinniger na hoër beloningsvlakke te beweeg.
  • Kliënte kan tot 40% terug verdien in eBucks op Netflix en Spotify se maandelikse subskripsies.
  • Kliënte kan addisionele eBucks verdien via Smart Spend op hul kwalifiserende FNB- en RMB Private Bank-kaart, of as hulle FNB Pay gebruik.
  • Kliënte wat FNB-beleggingsrekeninge het, kan tot 100% van hul maandelikse bankgeld in eBucks terugkry, afhangende van hul beloningsvlak en saldo in die beleggingsrekeninge.
  • Kliënte wat ná 1 Julie 2020 ’n FNB Connect-SIM koop, kry vir die eerste drie maande tot 1 gigagreep data, 30 stemminute en 30 SMS’e, waarna die gratis FNB Connect-toewysing afhang van hul eBucks-beloningsvlak.
Meer oor:  Fnb  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Geldsake  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.