Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Begin spaar, want dís wat skool-, klasgeld kos!

As jy jou graad R’tjie se trane ná die eerste skooldag afgedroog het, is hier dalk ’n syfer wat jou as ouer tot trane kan dryf: Dit gaan jou eindelik minstens R1,4 miljoen kos om jou kleinding deur skool en ’n driejaar-universiteitsgraad te kry en twee en ’n half keer méér, R3,4 miljoen, as dit private skole is.

geldsake

Marius Pretorius van Old Mutual Persoonlike Finansies sê die koste van onderrig gaan na verwagting in 2019 met 9% styg – amper dubbeld die algemene inflasiekoers, wat die Reserwebank verwag in 2019 gemiddeld 5,5% gaan beloop.

Volgens Old Mutual se Spaar- en Beleggingsmonitor het 57% van ouers in 2017 glad nie vir hul kinders se onderrig gespaar nie.

Pretorius sê gegewe die enorme hap wat onderrig uit ’n huishouding se begroting kan ruk, is dit baie belangrik dat spaar daarvoor “deel word van ’n holistiese finansiële plan, sodat wanneer die tyd kom, jy kan bekostig om vir jou kind die beste onderrig te gee.”

sakrekenaar
Al is hul kinders se onderrig vir hulle belangrik, spaar 57% van ouers nié daarvoor nie. Foto: Pixabay

Onderrig in ’n staatskool kan vanjaar tot R37 000 (hoër- of laerskool) beloop en in ’n private skool R92 400 (laerskool) of R148 300 (hoërskool). ’n Jaar op universiteit kan jou nou tot R64 200 kos. Dié koste sluit nie verblyf, vervoer, kos, klere of skooluniforms in nie, wat nog te sê buitemuurse bedrywighede.

“Die meeste ouers sal dit moeilik vind om dié geld ten volle te betaal aan die begin van die jaar tensy hulle vooraf toegewyd gespaar het. Indien dit nie gelyktydig betaal word nie, is dit ’n uitgawe wat in jou maandelikse begroting ingereken moet word, wat ook vir baie mense moeilik is.”

Spaarders kan voordeel trek uit die afslag wat skole, en selfs kolleges en universiteite, vir vroeë betalers aanbied.

As jy vanjaar wil begin spaar vir jou kind se skoolgeld of studies vir volgende jaar, hoe doen jy dit?

Pretorius sê eerstens moet mense hul besteding herprioritiseer om geld opsy te sit daarvoor. Selfs al spaar jy net ’n gedeelte van die koste vooraf gaan dit druk op jou begroting verlig. “Deur eenvoudig agt koffies per maand uit te sny, kan jy R200 losmaak om te begin spaar vir jou kind se onderrig.”

“As jy onseker is waar jy ekstra geld in jou begroting kan vind, kan apps soos Old Mutual se 22seven jou wys waar jy jou geld bestee en dus help wys waar jy kan besnoei.”

’n Belastingvrye spaarplan kan sin maak, maar dit word aanbeveel dat jy dit in jou eie naam doen, eerder as in jou kind se naam, aangesien dit later in hul lewe sal beteken dat hulle nie self ’n belastingvrye produk ten volle kan gebruik nie. Daar is ’n jaarlikse limiet van R33 000 wat jy belastingvry kan spaar, maar ook ’n lewenslange limiet van R500 000. (Die verwagting is wel dat die tesourie dié bedrae geleidelik sal verhoog.)

Ander spaaropsies is effektetrustfondse, uitkeerpolisse – waar jy oor ’n vaste termyn ’n vasgestelde bedrag spaar – of selfs ’n spesiale bankrekening daarvoor.

Meer oor:  Old Mutual  |  Skool  |  Geldsake  |  Studiegeld  |  Skoolgeld  |  Spaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1341,79 (3305)
  • Top 40 47952,19 (-8562)
  • All Share 54078,36 (-6069)
  • Resource 10 40983,08 (-17841)
  • Financial and Industrial 30 72453,13 (-5597)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.