Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Belasting op geskenke: Dis wat jy moet weet

Eerstens is dit belangrik om daarop te let dat belasting op skenkings betrekking het op individue, maatskappye en trusts in Suid-Afrika. Mense wat nie in Suid-Afrika woon nie, is dus vrygestel van belasting op skenkings.

Skenkings kan van belasting afgetrek word wanneer:

  • Die totale waarde van die skenking nie meer as R100 000 is nie;
  • Maatskappye of trusts informele geskenke gee wat nie die waarde van R10 000 oorskry nie.
’n Argieffoto van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se tak in die Paarl. Skenkers is verplig om ’n opgawe van hul skenkings by hul naaste belastingkantoor in te dien. Foto: Tandy-Lee Marinus, Paarl Post

Belasting-vrystelling

Daar is bepaalde soort skenkings wat nie aan belasting onderhewig is nie waarvan die mees algemene een onderhoud is, soos byvoorbeeld wanneer ’n ouer ’n kind onderhou, of wanneer ’n volwassene vir sy of haar ouers se onderhoud betaal.

Daar is egter ’n belangrike voorwaarde aan verbonde: Die onderhoud moet as “redelik” beskou word en die kommissaris van die SAID behou die reg voor om te bepaal wanneer ’n skenking nie as onderhoudsgeld kwalifiseer nie.

Elzahne Henn, direkteur en belastingkonsultant by die finansiëledienstegroep Mazars, het aan Rapport gesê omdat die SAID nie presies omskryf wat met “onder­houd” bedoel word nie, is ’n mens genoop om op die betekenis in die woordeboek staat te maak.

“Of iets as ’n skenking beskou kan word of nie, sal afhang van die finansiële omstandighede van die persoon wat geldelike ondersteuning kry en of die persoon beskou word as ‘finansieel afhanklik’. Dit is dus ’n baie subjektiewe toets.”

Pieter-Jan Bestbier, ’n direkteur by die belastingkonsultantegroep LDP, verduidelik dit só: “Die toets sal heel waarskynlik wees of dit redelik is om vir jou kind ’n Ferrari of Porsche te koop, pleks van ’n Polo. Niemand weet werklik nie, en dit sal deur ’n hof bepaal moet word.”

Skenkings tussen gades word ook van belasting vrygestel, maar daar is beperkinge.

“Dit het relatief beperkte voordele, aangesien iets soos huurinkomste wat voortspruit uit skenkings tussen gades in elk geval belasbaar is ingevolge die Inkom­stebelastingwet,” sê Bestbier.

Henn wys daarop dat hoewel gades vrygestel word van skenkingbelasting, die SAID steeds die skenker belas op inkomste wat byvoorbeeld uit kapitaalwinsbelasting verdien is.

“[Veral] as die enigste rede was om belasting te vermy, te verminder of uit te stel.”

Derdens is skenkings aan openbare weldaadsorganisasies (OWO’s), soos die DBV of Kansa vrygestel van belasting, maar nie alle OWO’s kwalifiseer nie.

Dit is slegs aftrekbaar indien die organisasie geregistreer is ingevolge die negende bylae van die Inkomstebelastingwet, sê Henn.

Belastingpligtiges kan die soekfunksie op die SAID se webwerf gebruik om uit te vind of die organisasie wat die skenking ontvang, gelys is.

As die organisasie waaraan jy ’n skenking doen se naam nie op die SAID se webwerf verskyn nie, kan jy die ontvanger van die skenking vra.

Hoe betaal ek dié belasting?

Die belasting op skenkings is betaalbaar aan die SAID teen die einde van die maand wat volg op die maand waarin die skenking gedoen is.

Die donateur is aanspreeklik vir die belasting en as hy of sy versuim om die belasting binne die voorgeskrewe tydperk te betaal, sal sowel die skenker as die ontvanger daarvan aanspreeklik gehou word vir ’n belastingaanslag.

Nadat ’n skenking gedoen is, moet die skenker ’n IT144-vorm invul wat op die SAID se webwerf afgelaai kan word en dit by die naaste belastingkantoor of deur eFiling indien met bewys van betaling.

’n Skenker moet sy skenking verklaar, ongeag die grootte van die skenking en ongeag of die betrokke organisasie van die skenking van belasting vrygestel is of nie, sê Henn.

“Alle skenkings moet verklaar word en die skenker én die ontvanger moet die voorgeskrewe verklaring (die IB144-vorm) onderteken.”

Volgens die SAID is transaksies wat nié kwalifiseer as skenkings nie transaksies wat beskou word as omkoopgeld of boetes.

Organisasies wat die donateur in staat stel om die skenking van belasting af te trek, reik gewoonlik artikel 18A-kwitansies uit. Dit sluit skole, universiteite en verskeie ander organisasies in, sê Pieter-Jan Bestbier, direkteur by die belastinggroep LDP. “Let daarop dat belastingpligtiges slegs belasting vir dié skenkings kan aftrek indien hulle in besit is van hierdie kwitansies.”

  • Besoek die SAID se webwerf om te sien of die organisasie wat jou skenking ontvang, by die Said gelys word.
Meer oor:  Jan Taks  |  Belasting  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.