Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Belasting se sperdatum is om die draai
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se kantore in die middestad van Johannesburg. Foto: Google Maps

As jy beplan om jou belastingopgawe op papier in te vul en by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in te dien, moet jy vinnig spring.

Jy het nog net 15 dae om dit te doen voor 31 Oktober.

Dit sluit twee Saterdae in. Dit volg nadat die SAID op 30 September aangekondig het dat sy takke in Oktober op Saterdae tussen 08:00 en 13:00 oop is om belastingbetalers te help.

Net sekere dienste sal egter beskikbaar wees. Dit sluit in:

  • Indiening van persoonlike belastingopgawes; en
  • Hulp om op die SAID se MobiApp te registreer en om opgawes via dié platform in te dien.

Wat jy nodig het:

  • Indien jy wel by die SAID om hulp gaan aanklop, moet jy die volgende dokumente saamneem:
  • Jou bankbesonderhede;
  • Jou IRP5- of IT3(a)-belastingsertifikate;
  • Jou IT3(b)-belastingsertifikate vir inkomste wat uit beleggings verdien is;
  • Besonderhede van mediese uitgawes wat nie deur jou mediese fonds gedek is nie;
  • Sertifikaat van jou mediesefonds wat bydraes aandui wat nié op jou IRP5- of IT3(a)-belastingsertifikaat verskyn nie;
  • Volledige diagnose van ’n gestremdheid (ITR-DD-vorm) indien van toepassing;
  • Bewys van bydraes tot ’n uittreeannuïteit;
  • Besonderhede van sakereise indien jy ’n reistoelaag ontvang;
  • Inligting oor buitelandse belastingkrediete wat weerhou is;
  • Finansiële state van inkomste uit ’n sakeonderneming, waar van toepassing; en
  • Enige ander bewyse vir eise wat jy wil indien.

Geen opgawe nodig as...

Die SAID herinner belastingbetalers dat hulle nié ’n opgawe hoef in te dien as hulle aan die volgende vereistes voldoen nie:

  • Jy het vir ’n volle 12 maande vir net een werkgewer gewerk en jy het ’n IRP5 ontvang. Die feit dat jy ’n IRP5 ontvang het, beteken inkomstebelasting is wel reeds deur die loop van die jaar afgetrek. As jy in die loop van die belastingjaar (van Maart 2018 tot Februarie 2019) van werk verander het, het jy meer as een werkgewer gehad;
  • Jy het geen addisionele belastingverwante aftrekkings soos mediese uitgawes, bydraes tot uittreeannuïteite en/of reisuitgawes nie;
  • Jy het absoluut geen ander inkomste gedurende die belastingjaar verdien nie; en
  • Jy het geen kapitaalwins van meer as R40 000 gedurende die jaar verdien nie.

Hoekom ’n opgawe steeds indien?

David van Niekerk van Van-tage Chartered Accountants & Registered Auditors skryf in ’n artikel op die Truth Workshop-blog van Trudie Brookmann Prokureurs dat daar ’n hele paar goeie redes is om ’n belastingopgawe in te dien – selfs al hoef jy dit nie te doen nie.

Van die redes sluit in:

  • ’n Belastingaanslag word dikwels vereis wanneer jy aansoek doen om finansiering;
  • Die SAID mag jou dalk geld skuld omdat jy aftrekkings soos ’n skenking aan ’n goedgekeurde organisasie gemaak het;
  • Die SAID kan nooit kla dat jy iewers nie ’n opgawe ingedien het nie; en
  • Belastingklaringsertifikate word vereis vir wanneer jy ’n eiendom wil koop of verkoop. Jy moet elke jaar opgawes indien om só ’n sertifikaat te kry.

Sperdatums

Die sperdatums vir vanjaar se belastingseisoen is as volg:

  • As jy nie van die digitale kanale gaan gebruik maak nie, het jy tot 31 Oktober 2019 om jou opgawes by jou naaste SAID-tak in te dien. Dit geld gewone en voorlopige belastingbetalers.
  • Alle belastingbetalers wat hul opgawes elektronies op die SAID se eFiling-diens of met die app indien het tyd tot 4 Desember 2019 om dit te doen.
  • Voorlopige belastingbetalers het tot 31 Januarie 2020 om opgawes deur een van die digitale kanale in te dien.
Meer oor:  Suid-Afrikaanse Inkomstediens  |  Said  |  Belasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.