Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Beleggings: Pasop vir dié slaggate
Individue neem dikwels op die ingewing van die oomblik besluite oor hul beleggings.

Skuif jy maklik geld tussen beleggingsfondse rond gegrond op die dag se nuus? Is jy boonop later spyt hieroor omdat jy besef jy het swakker opbrengste op jou belegging verdien? Dit is nie net jy wat dié fout maak nie.

’n Groep navorsers by Momentum Beleggings, die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Universiteit van Pretoria (UP) het bevind dat wanneer daar soos in 2008 en 2009 onsekerheid in die mark heers, die beleggings van een uit twee individue met 1,1% per jaar onderpresteer.

Dit is teenoor ’n jaar tevore.

In “normale” markomstandighede, onderpresteer een uit vier individue se beleggings met sowat 1% per jaar.

Oor 20 jaar kan dit luidens die navorsing beteken individue se beleggings kan kumulatief tussen 22% en 24% swakker presteer in vergelyking met gediversifiseerde portefeuljes.

Dirk Louw het ’n groot deel van dié navorsing as deel van sy meestersgraad aan die NWU se sentrum vir sakewiskunde en -informatika gedoen.

Beleggingsbesluite wat die afgelope dekade deur sowat 17 600 individuele beleggers geneem is, is vir die navorsing gebruik.

Die aanvanklike resultate dui op die bestaan ??van ’n beduidend negatiewe “gedragsgaping” tussen beleggingsopbrengste van individuele beleggers en die opbrengste op ’n goed gediversifiseerde beleggingsportefeulje.

Paul Nixon, hoof van tegniese bemarking en gedragsfinansiering by Momentum Beleggings, wat ook tot die navorsing bygedra het, sê dit is duidelik dat daar ’n risiko is dat wanneer individue besluite oor hul beleggings neem, hulle “gedragsbelasting” kan betaal omdat hulle ’n besluit op die verkeerde tydstip geneem het.

Hy sê individue kan hul kapitaal te lank in ’n veilige bate los of hulle kan ’n verkeerde voorspelling maak wanneer dit by toekomsbesluite kom.

Dr. Conrad Beyers, hoof van UP se departement van aktuariële wetenskap, sê die navorsing gee navorsers goeie insig oor wat individue laat besluit om hul kapitaal te skuif.

Reaksie

Beyers sê dit is alombekend dat individue dikwels oorreageer wanneer dit by korttermynbewegings in die mark kom.

Dié reaksie kan dikwels tot groot verliese lei.

“Inligting wat blitsvinnig versprei – hoewel dit dalk nie waar is nie – kan talle beleggers verlei om betekenisvolle besluite te neem oor waar hul geld belê word,” sê hy.

Die studie toon ook dat diegene wat as “uitbundige” individuele beleggers beskryf word dikwels snelgroeiende instrumente (dit wil sê op sy hoogtepunt) te laat koop, terwyl “moedelose” beleggers hul beleggings ná korttermyn- negatiewe bewegings verkoop.

Hul navorsing toon ook dat:

  • Individue dikwels kapitaal skuif as opbrengste op ’n belegging minstens 3% laer is as die vorige jaar;
  • Selfs al het ’n belegging die vorige jaar minder as 3% swakker presteer, is beleggers steeds geneig om kapitaal te skuif;
  • 64% van beleggers kyk na historiese prestasie wanneer hulle ’n besluit neem oor waar om kapitaal te belê; en
  • ’n Opbrengs van 25% of meer op ’n ander belegging oortuig individue dikwels om hul kapitaal onmiddellik te skuif al sou hul bestaande belegging op lang termyn beter opbrengste gelewer het.
Meer oor:  Universiteit Van Pretoria  |  Momentum  |  Beleggings  |  Fondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.