Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Betaal jou belasting, anders...
Belastingbetalers het tot 4 Desember om opgawes elektronies in te dien. Foto: Pixabay

Met die finale spertyd om belastingopgawes in te dien wat om die draai lê, moet Suid-Afrikaners wat dit nóg nie gedoen het nie, nou vinnig spring.

Die laaste dag wat opgawes ingedien kan word as jy nie ’n voorlopige belastingbetaler is nie, is 4 Desember.

Voorlopige belastingbetalers moet dit teen 31 Januarie 2020 indien.

Marc Sevitz, stigter van TaxTim, sê “ ’n ernstige belastinginvorderingskrisis staar Suid-Afrika in die gesig met gevolge vir elke Suid-Afrikaner as dit nie verbeter nie.”

Volgens hom is die vier grootste gevolge as volg:

1. Hoër belasting

“As die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) nie die geld insamel wat die land nodig het nie, mag die staat vra dat jy méér belasting moet betaal om die tekort aan te vul,” waarsku hy.

“So in plaas daarvan dat net die mense wat nie hul belasting betaal het nie gestraf word, loop almal deur.”

2. Swakker rand

Sevitz verduidelik dat hoe groter die tekort op die staat se begroting en hoe swakker die ekonomie is, hoe swakker sal die rand teenoor ander geldeenhede verhandel.

’n Swakker rand beteken dat veral verbruikersgoedere en brandstof duurder word.

3. Duurder elektrisiteit

Duurder brandstof beteken Eskom gaan meer vir diesel moet betaal.

Eskom gebruik diesel wanneer die netwerk onder druk is.

’n Groter dieselrekening kan beteken dat hy aansoek doen om elektrisiteitstariewe beduidend te verhoog.

Sevitz waarsku ook, dat gesien die benarde stand van sake by Eskom, daar ook ’n kans is dat die staat wéér ’n reddingsboei vir die kragvoorsiener gaan moet gee.

So ’n stap sal die regering ook moontlik noop om belasting te verhoog.

4. Boetes

Die SAID is baie ernstig dat belastingbetalers hul verpligtinge moet nakom.

As ’n belastingbetaler nié ’n opgawe indien nie, kan die SAID ’n administratiewe boete van tussen R250 tot R16 000 per maand hef. Dit beteken boetes kan oor ’n jaar tussen R3 000 en R192 000 beloop.

“Jy kan ook verwag dat buiten vir die boete, die SAID ook nog gaan rente hef op die uitstaande belastingskuld,” waarsku Sevitz.

“Die SAID kan ook geld wettiglik van ’n bankrekening aftrek. Dus, in plaas daarvan om eendag wakker te word en te sien daar was ’n ‘geheimsinnige aftrekking’ op jou rekening, betaal eerder betyds jou belasting,” is sy raad.

Waar begin ek

Sevitz se raad aan belastingbetalers wat nog nooit ’n opgawe ingedien het nie, is om professionele hulp te kry.

Belastingbetalers kan ook by die SAID self gaan aanklop om hulp.

TaxTim, wat direk met die SAID se stelsel geïntegreer is, gee ook stap-vir-stap-instruksies wat gedoen moet word.

Wat jy nodig het

Indien jy wel by die SAID om hulp gaan aanklop, moet jy die volgende dokumente saamneem:

  • Jou bankbesonderhede;
  • Jou IRP5- of IT3(a)-belastingsertifikate;
  • Jou IT3(b)-belastingsertifikate vir inkomste wat uit beleggings verdien is;
  • Besonderhede van mediese uitgawes wat nie deur jou mediese fonds gedek is nie;
  • Sertifikaat van jou mediese fonds wat bydraes aandui wat nié op jou IRP5- of IT3(a)-belastingsertifikaat verskyn nie;
  • Volledige diagnose van ’n gestremdheid (ITR-DD-vorm) indien van toepassing;
  • Bewys van bydraes tot ’n uittree-annuïteit;
  • Besonderhede van sakereise indien jy ’n reistoelaag ontvang;
  • Inligting oor buitelandse belastingkrediete wat weerhou is;
  • Finansiële state van inkomste uit ’n sakeonderneming, waar van toepassing; en
  • Enige ander bewyse vir eise wat jy wil indien.

Geen opgawe nodig as . . .

Die SAID herinner belastingbetalers dat hulle nie ’n opgawe hoef in te dien nie as hulle aan die volgende vereistes voldoen:

  • Jy het vir ’n volle 12 maande vir net een werkgewer gewerk en jy het ’n IRP5 ontvang. Die feit dat jy ’n IRP5 ontvang het, beteken inkomstebelasting is wel reeds deur die loop van die jaar afgetrek. As jy in die loop van die belastingjaar (van Maart 2018 tot Februarie 2019) van werk verander het, het jy meer as een werkgewer gehad;
  • Jy het geen addisionele belastingverwante aftrekkings soos mediese uitgawes, bydraes tot uittreeannuïteite en/of reisuitgawes nie;
  • Jy het absoluut geen ander inkomste gedurende die belastingjaar verdien nie; en
  • Jy het geen kapitaalwins van meer as R40 000 gedurende die jaar verdien nie.
Meer oor:  Suid-Afrikaanse Inkomstediens  |  Taxtim  |  Said  |  Eskom  |  Kragtariewe  |  Belasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.