Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Bitcoin val tot laagste vlak in jaar
Kuberkrakers het toegang gekry tot ’n Japanse verhandelingsplatform en is vort met $60 miljoen in kriptogeld. Foto: Getty Images

Bitcoin, die wêreld se gewildste kriptogeldeenheid, verhandel nou op sy laagste vlak in ’n jaar.

Die prys daarvan het oornag met byna 13% geval tot $5 400, ’n vlak waarop hy laas in Oktober 2017 was.

Op die plaaslike verhandelingsplatform Luno het die prys ook skerp gedaal en is dit 10,5% laer op R83 256.

Dit beteken die prys van een bitcoin is nou meer as 70% laer as sy hoogste vlak in Desember 2017, toe dit teen R317 600 verhandel het.

Spekulante het inderhaas bitcoin van die hand probeer sit namate die prys Woensdag gedaal het. In die proses is ’n beduidende hoeveelheid van die digitale geldeenheid se totale markwaarde uitgewis.

Bitcoin se markwaarde het vir die eerste keer sedert die middel van September tot onder $200 miljard gedaal, volgens data van coinmarketcap.com.

Volgens ontleders is die presiese oorsaak van die skerp daling in die bitcoinprys nog nie duidelik nie.

Soms wanneer hierdie dinge gebeur, neem dit ’n rukkie om uit te vind wat presies die oorsaak was.
Charlie Hayter

“Soms wanneer hierdie dinge gebeur, neem dit ’n rukkie om uit te vind wat presies die oorsaak was. Dit kon die uitruil van geldeenhede of regulatoriese optrede wees,” het Charlie Hayter, stigter van die kriptowebblad Cryptocompare, aan Reuters gesê.

Die swakker bitcoin het ook ander noemenswaardige kriptogeldeenhede laat daal. Die prys van ethereum het met 13% tot $171,66 gedaal.

Oor die algemeen meen ontleders die vooruitsig vir bitcoin bly onduidelik. Langtermynvoorspellings maak staat op die feit dat digitale geld sy inherente waarde sal behou en ’n volhoubare betaalmiddel sal word.

Christine Lagarde, hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, het onlangs gesê lande se sentrale banke moet dit oorweeg om digitale geldeenhede te begin uitreik.

Volgens Lagarde kan dit transaksies met digitale geldeenhede veiliger maak, berig die BBC.

Sy meen so in die lig van ’n wêreldwye tendens waar mense minder staatmaak op harde kontant en die meeste transaksies digitaal is.

Meer oor:  Kriptogeld  |  Kriptogeldeenhede  |  Bitcoin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2484,77 (9054)
  • Top 40 48545,62 (-10133)
  • All Share 54280,79 (-10551)
  • Resource 10 42993,1 (-27592)
  • Financial and Industrial 30 73252,99 (-2724)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.