Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Bly só veilig by die kitsbank oor die feestyd
Duisende mense word jaarliks by kitsbanke beroof. Foto: Unsplash

Mense is geneig om minder waaksaam vir misdaad oor die feestyd te wees, sê Lee-Anne van Zyl, hoof van voorbankdienste by FNB.

Volgens Van Zyl is die tyd rondom Kersfees juis wanneer bedrieërs en booswigte op hul bedrywigste is – op soek na niksvermoedende slagoffers om te bedrieg en te besteel.

Elke jaar bedink hierdie misdadigers ook nuwe maniere om feesgangers met ’n slap riem te vang, waarsku Van Zyl.

Mense wat kontant onttrek by ’n kitsbank is veral weerloos en is dikwels die slagoffer van sulke tipe misdaad.

“Daarom is dit belangrik om voortdurend vertroud te wees met skelms se jongste streke.”

Hier is tien wenke om te help keer dat jy by ’n kitsbank besteel word:

1. Hou jou PIN vertroulik en moet dit nêrens neerskryf nie.

2. Staan so na as moontlik aan die kitsbank en moenie toelaat dat iemand anders naby jou kom of oor jou skouer loer nie.

3. Bedek die sleutelbord met jou hand terwyl jy jou PIN invoer. Swendelaars plaas deesdae klein kameras wat jou hand probeer afneem terwyl jy jou PIN invoer.

4. Moenie net jou PIN enige plek invoer nie; maak seker jy lees die betrokke kitsbank se instruksies eers versigtig.

5. Sodra die kontant onttrek is, plaas dit onmiddellik buite sig. Moenie die kontant voor die omstanders hanteer nie.

6. Stel ’n realistiese perk op die hoeveelheid kontant wat jy per dag kan onttrek sodat booswigte nie jou rekening kan leegmaak sou hulle toegang tot jou kaart en PIN kry nie.

7. Wees versigtig vir vreemdelinge wat naby die kitsbank rondhang en jou om hulp vra of hul hulp aanbied.

8. Moet nooit jou bankkaart in die kitsbank indwing nie. As jou kaart nie maklik deur die kitsbank aanvaar word nie, is daar dalk met die masjien gepeuter.

9. Moenie foto’s van jou kontant neem of dit op sosiale media deel nie. Daar is dalk van jou volgelinge wat jy nie persoonlik ken nie en die inligting kan gebruik om jou later te beroof.

10. As jy jou bankkaart vergeet het, gebruik die kaartlose onttrekkingsopsie by die kitsbank.

Meer oor:  Kitsbank  |  Slenter  |  Kersfees  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.