Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Bly veilig tydens beurtkrag

Veiligheidsmaatskappye het nie ’n noemenswaardige toename in huisbrake of ander misdade tydens die jongste vlaag van kragonderbrekings ervaar nie.

Veiligheidsmaatskappye waarsku mense moet hul alarmstelsels en batterye gereeld nasien sodat dit steeds werk wanneer beurtkrag toeslaan. Foto: iStock

William Verschoor, hoofbestuurder van die alarmmonitor- en buurtveiligheidsmaatskappy District Group, waarsku wel dat mense waaksamer gedurende beurtkrag moet wees.

Sy veiligheidswenke sluit in om nie in die donker te sit nie, maar toe te sien dat daar die een of ander vorm van lig is as daar beurtkrag is.

Mense moet sorg dat hul alarmstelsels versien word en dat die batterye in ’n goeie toestand is omdat kragonderbrekings weens beurtkrag sy tol op die batterye eis.

Dit is baie belangrik dat vals alarmseine tydens beurtkrag by jou veiligheidsmaatskappy gekanselleer word, want die toevloei van seine is groot. Dit veroorsaak stadiger reaksietye wat ’n invloed kan hê op kliënte wat regtig in die moeilikheid is en dringend hulp benodig, sê Verschoor.

Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van die Fidelity Services Group, sê ook alarmstelsels moet gereeld versien word. “Moenie wag vir ’n noodgeval en dan besef jy het ’n tegniese probleem nie.”

Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelity.

Bartmann wys ook op die belangrikheid van batterye se toestand. Batterye het ’n beperkte leeftyd en die soort batterye wat in tipiese huishoudelike alarmstelsels gebruik word, hou enigiets tussen drie en vyf jaar. Die beurtkrag en gedurige kragonderbrekings is egter sleg vir die battery, so dit moet ook getoets word.

Bartmann waarsku beurtkrag kan vertragings veroorsaak in die tyd wat dit neem vir ’n alarmsein om by die beheerkamer uit te kom.

Mense moet seker maak hulle het bykomende veiligheidsmaatreëls soos diefwering en veiligheidshekke om toegang tot die eiendom te verhoed.

Fidelity ADT het ook nie ’n toename in misdaadvlakke tydens die onlangse beurtkrag gesien nie. Misdaad is grootliks seisoenaal, sê Bartmann.

Hy sê beurtkrag raak ook die veiligheidsmaatskappy se vermoë, soos die mobiele en ander kommunikasiestelsels en nasporingstoestelle.

Beurtkrag raak verkeersligte en die gevolglike verkeersknope kan beteken reaksiespanne word vertraag wanneer hulle op ’n alarm reageer.

Volgens Bartmann het veiligheidsmaatskappye wel gebeurlikheidsplanne in plek soos rugsteun-kragopwekkers en onderbrekinglose kragtoevoerstelsels wat ononderbroke kraglewering verseker.

Wenke vir veiligheid tydens beurtkrag

1. Gaan die alarmstelsel se battery gereeld na;

2. Toets alarms om te kyk of dit tydens voortdurende kragonderbrekings steeds werk;

3. Versien brandalarm- en brandbeheerstelsels;

4. Die gebruik van gas en kerse verhoog die gevaar van brande tydens beurtkrag, so maak seker dat daar ’n brandblusser in die huis is;

5. Bly waaksaam tydens beurtkrag, wees op die uitkyk vir enige verdagte optrede en laat weet dadelik jou veiligheidsmaatskappy of die polisie; en

6. Hou deure gesluit en vensters toe, en let op na ander maklike toegangspunte tot jou eiendom.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.