Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Bo 60: Die hoe en waar van spaar

Hulle sê oudword is nie vir sissies nie. Die een oomblik kan jy nog woerts-warts trappe klim en sonder enige moeite hoog strek om iets van die boonste rak af te haal. Net die volgende oomblik kan jy nie soggens sonder ’n gesteun en kreun uit die bed opstaan nie.

Van gratis oogtoetse tot afslag op motorhuur - kyk waar jy bo 60 of 65 kan spaar.

Maar om 60 te word hét sy voordele – en ons praat hier nie net van parkering naby aan die ingang van die winkelsentrum nie.

Vir slim afgetredenes is daar voordele in harde kontant, as jy weet waar om te kyk en wanneer om jou inkopies te gaan doen.

Rapport het die beste besparings vir mense bo 60 gaan soek.

1. Game: Mense ouer as 60 kwalifiseer vir ’n seniorburger-afslagkaart wat op Woensdae in alle Game-winkels gebruik kan word. Jy kry 10% op aankope tot R1 500. Afslag geld nie vir kruideniers, alkohol, versekeringsprodukte of selfone en lugtyd nie.

2. Pick n Pay: Elke tak van die kettingwinkelgroep besluit self oor afslag vir pensioentrekkers. Maak dus seker waarvoor jy by jou naaste winkel kwalifiseer. Party winkels het afslagkoepons vir vleis, suiwel, vis en ander kos. Ander het een keer ’n week ’n pensioenarisdag waar jy 5% afslag kan kry.

3. Clicks: Kopers van bo 60 wat ’n ClubCard-lid is, verdien op ’n Woensdag dubbelpunte.

4. Makro: Vir mense bo 60 is daar Dinsdae op algemene goedere 10% afslag, asook 15% afslag op kos­items. Dié vergunning geld slegs op Dinsdae.

5. Dis-Chem: Dié apteekgroep het twee keer per maand ’n dubbelpuntedag vir pensioenarisse. Een keer per maand bied die winkels ook ’n teegeleentheid vir 60-plussers aan. By sulke geleenthede ontvang elkeen ’n geskenkpak met produkte.

6. Torga Optical bied gratis oogtoetse en afslag op rame en lense aan bejaardes.

7. Shosholoza Meyl: Pensioenarisse kry 25% afslag op al hul ritte.

8. Greyhound: Almal bo 60 kry 5% afslag.

9. Tiger Wheel & Tyre: Afslag is elke Dinsdag beskikbaar op bande en ander uitgesoekte produkte.

10. Motorbestuurders ouer as 55 kan van Hertz ’n motor huur vir so min as R200 per dag, wat ’n vrystelling van diefstal en skade, BTW en 200 km gratis per dag insluit.

11. Specsavers: Pensioenarisse bo 65 kry ’n gratis uitgesoekte raam van tot en met R599 wanneer hulle ’n oogtoets ondergaan en voorskriflense koop.

12. Builders Warehouse: Hier kry seniors Woensdae 10% afslag op alle kontantaankope. Dit sluit nie dienste en uitverkopingsitems in nie. Onthou om jou identiteitsdokument saam te neem om te kwalifiseer vir afslag.

13. Mango-lugdiens: Mense bo 60 kry op uitgesoekte vlugte op Dinsdae, Woensdae en Saterdae ’n korting van 10%. Dit geld wanneer jy deur die inbelsentrum of op Mango se webwerf kaartjies bespreek.

14. Montagu Fruit and Nuts: Deelnemende winkels bied tussen 5% en 10% afslag. Jy kan aanlyn gaan kyk of jou naaste winkel afslag bied.

15: Metrobus in Johannesburg gee aan pensioenarisse ’n Metrobus-skyfie waarmee hulle 50% afslag kry op hul ritte.

16. Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika: Motoriste van 60 jaar en ouer kry dekking teen slegs R81 per maand, wat padbystand en insleepdienste insluit.

17. Nu Metro: Seniors kry altyd afslag by dié rolprentteaters, maar op Woensdae (Wowza Wednesdays) is daar nog groter afslag vir mense bo 60: 2D-flieks teen R60, 3D-flieks teen R80 en Xtreme-flieks teen R85.

18. Ster-Kinekor: Pensioentrekkers wat lid is van die Ster-Kinekor-klub betaal 25% minder vir fliekkaartjies.

19. Sanparke: Suid-Afrika se nasionale parke bied tot 40% afslag op verblyf by sy reservate vir mense met ’n geldige pensioenkaart. Dit geld nie op Vrydag- en Saterdagaande of langnaweke nie. ’n Identiteitsbewys word gevra.

20. Tsogo Sun: Dié hotelgroep bied ’n groot reeks aanbiedings en afslag vir mense bo 60 jaar. Jy kan afslag van 50% op die beste beskikbare tarief van die dag kry, onderhewig aan beskikbaarheid.

21. Spur het ’n senior spyskaart met afslagpryse.

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.