Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Boedelkoste by getroudes

In die derde rubriek in ’n reeks van vier oor boedels en trusts, hanteer ek ’n praktiese voorbeeld van ’n egpaar en watter boedelkoste betrokke is indien een of albei sterf.

huwelik
Huweliksbedeling het ’n invloed op eksekuteursgelde betaalbaar. Foto: Unsplash

Nie twee boedels is dieselfde nie. Kry ’n kundige se advies wat gespesialiseerd genoeg is om jou unieke boedel korrek te kan ontleed en uitvoer by jou afsterwe. Eksekuteurs het nie almal dieselfde opleiding, ondervinding, insig en/of kennis nie.

Tabel A – Die waarde van ’n getroude paar se onderskeie boedels:

geldsake

Ek hou by ’n eenvoudige voorbeeld omdat ek bloot sekere aspekte van boedelkoste wil uitlig.

Dit is beter om ’n eiendom in albei se name te koop, al verdien net een ’n salaris. As jy dit later wil uitverhuur, is daar inkomstebelastingvoordele.

As mnr. X of mev. X afsonderlik te sterwe kom, wys Tabel B – Só word die eksekuteursgelde berekenwat die maksimum eksekuteursgelde is.

geldsake

As mnr. en mev. X binne gemeenskap van goedere getroud is en net een sterf, is die gelde op albei se bates betaalbaar. In so ’n geval betaal die langslewende se boedel dan weer hierdie koste wanneer hy/sy sterf. Jy kan dit vermy deur buite gemeenskap van goedere te trou (wat beteken jy moet ’n huweliksvoorwaardekontrak by ’n prokureur laat opstel vóór die troue).

As mnr. X sterf, het mev. X bates van amper R9 miljoen in haar naam met net onder R3 miljoen hiervan in kontant.

Tabel C– Die geskatte boedelkoste – wys wat betaalbaar gaan wees in mnr. X en mev. X se afsonderlike boedels. Die volle verband moet afgelos wees by mnr. X se afsterwe.

geldsake

Koste waarvoor daar baie spesifiek voorsiening gemaak moet word in die boedel, sluit in:

  • Koerier- en ander kleiner bykomende administratiewe koste;
  • Kontanthanteringsgelde waar kontantbeleggings ter sprake is;
  • Waardasiegelde (geswore waardasies is verpligtend op onroerende eiendom en moontlik ook waar ’n minderjarige kind erf);
  • Kapitaalwinsbelasting in die boedel;
  • Inkomstebelasting (betaalbaar deur die boedel wat ’n nuwe inkomstebelastingnommer kry).

Daar is geen boedelbelasting wanneer ’n persoon sy of haar volle boedel aan sy of haar gade bemaak nie. As die toegelate boedelbelastingkorting van R3,5 miljoen nie in mnr. X se boedel gebruik word nie, dan kan mev. X se boedel dit gebruik die dag as sy sterf (saam met haar eie korting van R3,5 miljoen).

Mnr. X se kontantbates van R1,5 miljoen is nie genoeg om sy boedelkoste te betaal nie. Mev. X kan van haar eie geld gebruik om die tekort te finansier en keer dat bates soos ’n woonhuis of aandele verkoop word.

Boedelbelasting is ook betaalbaar op bates waarna ons verwys as “geagte bates”.

Dit sal byvoorbeeld wees as daar ’n polis op jou lewe uitgeneem is maar dit betaal nie aan die boedel uit nie maar aan ’n derde party soos ’n familietrust.

Daar is in sekere gevalle aftrekkings wat jy kan maak vir die doeleindes van boedelbelasting. Kry meer advies hieroor by ’n kundige.

As jy bates aankoop of verkoop, moet jy jou boedelontleding (en moontlik ook jou testament) daarby aanpas.

Moet nooit begunstigings op polisse verander sonder om eers met jou finansiële beplanner of eksekuteur daaroor te gesels nie.

  • Charné van der Walt (The Lemon Lady), is ’n finansiële raadgewer en belastingpraktisyn in Stellenbosch. Kontak haar by info@lemons.co.za met vrae vir volgende rubrieke (geen-een-tot-een-advies beskikbaar). Die artikel is in leketaal geskryf en bevat nie spesifieke of persoonlike raad nie. Sy skryf gereeld vir Sake.
Meer oor:  Charné Van Der Walt  |  Boedel  |  Eksekuteursgelde  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.