Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
bsmart stel aanlyn kaart in 2019 bekend
Marthinus Fourie, besturende direkteur van bsmart.

Die koopkaart-onderneming bsmart (voorheen bekend as Kaapse Verbruikers) sit vandeesmaand R28 miljoen terug in sy lede se beursies. En hy beplan vir volgende jaar ’n kaart waarmee aanlyn aankope gedoen kan word.

Die gebruik van die bsmart-lojaliteitskaart het die afgelope vier jaar altesame R138 miljoen terug in sy lede se sak gesit, sê die groep in ’n verklaring.

Bsmart het ondanks die swak ekonomiese klimaat R1,13 miljard se aankope deur 37 600 lede by winkels in die bsmart-handelsnetwerk aangeteken.

Individuele kontantbonusse van tot meer as R10 000 sal vanjaar aan van die bedrywigste kopers uitbetaal word.

Marthinus Fourie, besturende direkteur van bsmart, verduidelik die kontantterug-bonusse bou op elke keer as iemand met die bsmart-kaart betaal, terwyl dit hulle terselfdertyd help om hul begroting doeltreffend te bestuur.

Bsmart het ondanks die swak ekonomiese klimaat R1,13 miljard se aankope deur 37 600 lede by winkels in die bsmart-handelsnetwerk aangeteken.

Lede kry ’n maandelikse kooplimiet om by meer as 12 000 winkels landwyd te kan koop. Dit sluit die bekendste kleinhandelgroepe in soos Checkers, Shoprite, Pick n Pay, Makro, Woolworths, Game, Clicks, Dis-Chem, Edgars en Jet.

Al die aankope moet teen die einde van elke maand ten volle betaal word, wat mense aanmoedig om skuldvry te leef.

Fourie gee toe daar is tans baie ander lojaliteitsprogramme soos dié van banke wat ’n uitdaging is vir bsmart se sakemodel, en ekonomiese druk dra by tot ’n afname in verbruikersbesteding.

“Elke onderneming ervaar die uitwerking van die huidige resessie. Ons besef egter ook dat verbruikers slimmer te werk gaan met hul besteding en voortdurend na geleenthede soek om hul begrotings te rek, sonder om skuld aan te gaan,” sê Fourie.

Hy sê bsmart stel volgende jaar ’n vooraf-gefinansierde kaart-opsie bekend wat mense ook vir aanlyn aankope kan gebruik. Voornemende lede sal kan aansoek doen vir ’n rekening sonder om ’n krediet-evaluering te ondergaan, maar geld moet eers van ’n bankrekening na die bsmart-kaart oorgeplaas word voordat dit gebruik kan word om vir aankope te betaal.

Bestaande lede gaan ’n nuwe kaart ontvang met ’n geheime PIN-kode asook die vermoë om aanlyn te betaal vir voorafbetaalde elektrisiteit, lugtyd, data, rekeninge en ander dienste.

Meer oor:  Shoprite  |  Checkers  |  Pep  |  Bsmart  |  Edgars  |  Marthinus Fourie  |  Bankbedryf  |  Geldsake  |  Koopkaart  |  Kleinhandel  |  Verbruikers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1121,56 (1291)
  • Top 40 45851,17 (-7786)
  • All Share 52096,04 (-5000)
  • Resource 10 39712,73 (24243)
  • Financial and Industrial 30 68788,28 (-23394)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.