Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
BTW-vrye doeke sal staat byna R800 m. kos
Daar word voorgestel dat weggooidoeke van BTW vrygestel word.

Die gemiddelde baba werk deur minstens tien weggooidoeke per dag vir ’n gemiddelde tydperk van twee jaar – wat dus sowat 7 300 doeke impliseer.

Sowat R2,4 miljard se babadoeke, oftewel 1 miljard doeke, word jaarliks in Suid-Afrika verkoop, volgens die paneel wat die nasionale tesourie aangestel het om aanbevelings oor ’n hersiening van BTW-vrystellings te maak.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) raam egter dat in 2016 R5,3 miljard se weggooidoeke verkoop is. Die paneel bereken die staatskas sal R795 miljoen se BTW-inkomste verloor as weggooidoeke van BTW vrygestel word.

Arm tot middelklas huishoudings sal sowat R538 miljoen se belastingverligting geniet as weggooidoeke van BTW kwytgeskeld word, sê die paneel in sy verslag wat Vrydagmiddag bekend gestel is. Dit is 71% van die totale belastingverligting wat op weggooidoeke moontlik is.

Die paneel beveel aan dat weggooidoeke van BTW vrygestel word, want die meeste arm gemeenskappe verkies weggooidoeke weens die gebrek aan wasmasjiene, elektrisiteit en water.

Vir enkelouers in arm gemeenskappe beteken dit ’n ekstra ongewenste werklas om herbruikbare lapdoeke te gebruik. Die weggooidoeke is ook baie gerieflik vir mense op reis of by die werk en die meeste ma’s verkies dit, want dis kompak en lig.

Die paneel verwys na swak infrastruktuur en gebrek aan finansiering wat tot watertekorte in baie dele van die land lei. Volgens SSA se 2011-sensus het net 46,3% van Suid-Afrika se huishoudings toegang tot water wat per pypnetwerk tot by die huis kom. In die Oos-Kaap het 31% van die huishoudings nie toegang tot water van ’n aanvaarbare standaard nie. Weggooidoeke voorsien in sulke omstandighede ’n meer higiëniese opsie.

Die paneel waarsku wel dat weggooidoeke as ’n bedreiging vir die omgewing beskou word, want slegs dele van die doek is bio-afbreekbaar. Onbeplande verstedeliking en die aandrang op meer grond, tesame met die afname in die standaard van stedelike dienste vererger die uitwerking op die omgewing.

Meer oor:  Btw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.