Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Checkers stel 1ste kaart bekend vir lojale klante
So lyk Checkers se nuwe lojaliteitskaart.

Verbruikers wat al agt jaar wag vir ’n soortgelyke kaart as die Smart Shopper-kaart van Pick n Pay se groot mededinger Checkers, hoef nie meer te wag nie.

Checkers het nou sy eie lojaliteitskaart bekend gestel wat Xtra Savings genoem word.

Dit is agt jaar nadat Pick n Pay se Smart Shopper en nege jaar nadat Woolworths se WRewards bekend gestel is.

Nog ’n bekende lojaliteitskaart is Clicks se ClubCard, wat ook op grond van punte werk.

“Wat jy nie gaan kry nie, is sinnelose punte en komplekse reëls wat gevolg moet word om van een vlak na ’n ander te vorder. Jy hoef ook nie te wag vir kontant op jou kaart nie. Niks word verdoesel nie,” sê Neil Schreuder, hoof van strategie en innovering van Checkers.

“Lojaliteitskaarte waarop ’n mens stadig punte verdien, is oral te kry. Verbruikers ken dit en wil meer deursigtige aansporings hê en betekenisvolle vergoeding kry.”

Dit is ook hoekom die bekende oorsese kulkunstenaar Dynamo gebruik word in die bemarkingsveldtog vir die kaart. “Die doel is om die eenvoud van die veldtog uit te lig en die gebrek aan verdoeseling wat algemeen is met lojaliteitsprogramme.”

Schreuder sê die sukses van die Xtra Savings-kaart sal in sy eenvoud wees.

Dit is dus meer soortgelyk aan die WRewards-kaart van Woolworths, omdat net die klante wat die kaart gebruik, afslag op sekere produkte kry.

Die besparing gebeur wanneer jy die kaart by die kasregister aanbied vir produkte waarop die afslag duidelik op die winkelrakke aangetoon word. Die besparings word outomaties verreken en sal op jou betaalstrokie aangedui word.

Die program sal Checkers ook in staat stel om klante wat sekere produkte gereeld koop, in te lig van spesiale aanbieding op dié produkte.

Dit sal Checkers ook insae gee in verbruikers se kooppatrone.

Die bekende oorsese kulkunstenaar Dynamo word gebruik in die bemarkingsveldtog vir Checkers se nuwe lojaliteitskaart.

Die winkelgroep het in ’n verklaring gesê dit gaan oor onmiddellike besparings en klante hoef nie te wag om punte op te bou nie. Die afslag word saam met bekende handelsname aangebied. Daar word byvoorbeeld afslag van 35% op Omo-waspoeier aangebied, en R1 000 op Johnnie Walker Blue Label-whisky.

Die program beloof besparings op meer as 1 000 produkte deur die loop van elke maand.

Daar is ook verrassings op jou verjaardag en outomatiese inskrywing vir kompetisies.

Business Insider berig ’n lojaliteitskaart is in 2016 deur Checkers op die proef gestel. By navraag oor hoekom hulle nou eers ’n lojaliteitsprogram bekend stel, sê Checkers hulle was nie in die verlede ten gunste van ’n duur lojaliteitsprogram wat “vereis dat verbruikers komplekse prosesse moet volg om nierelevante punte in te samel nie”.

“Ons glo dit is nou die regte tyd om ’n lojaliteitsprogram bekend te stel, om verskeie redes.”

Dit sluit in:

  • Die groot opgradering van Shoprite Checkers se IT-stelsel die afgelope twee jaar. Meer as 2 000 winkels in 15 lande gebruik nou die nuwe IT-platform. “Die doel van die opgradering van die IT-stelsel was sodat ons mededingender kan wees en meer op ons klante kan fokus.”
  • Goedkoper dataverwerking en tegnologie wat outomatiese bemarking moontlik maak. Dit het die verpersoonliking van bemarking op ’n groot skaal en op ’n volhoubare manier moontlik gemaak.
  • Daar is ’n punt bereik waar daar genoeg aanvaarding deur klante van tegnologie is en waar verbruikers se begrip van lojaliteitsprogramme genoegsaam ontwikkel het.

Volgens Schreuder help die program Checkers om sy klante se voorkeure beter te verstaan en sodoende kan hul inkopie-ervaring verbeter word.

Hy sê die reaksie op die program is oorweldigend positief en in die eerste 24 uur sedert dit Maandag bekend gestel is, het dubbeld die aantal klante aangesluit as wat hulle verwag het.

Ander winkels:
  • Woolworths het in 2010 sy WRewards-program bekend gestel nadat hy al sowat vyf jaar ’n lojaliteitsprogram gehad het. Sy vorige lojaliteitsprogram was die World of Difference-program.
  • Pick n Pay het in 2011 sy nuwe Smart Shopper-lojaliteitsprogram bekend gestel nadat hy drie jaar lank daaraan beplan het.
  • Clicks se ClubCard is in 1995 bekend gestel en het in 2016 ’n herbekendstelling gehad.

Meer oor:  Checkers  |  Supermark  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.