Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Covid-19-Ters: Wat is die reëls nou?

Die regering het onlangs aangekondig dat die spesiale Covid-19-hulpskema heringestel word vir mense wat werk by ondernemings wat weens vlak 4 van die Covid-19-regulasies nie sake kon doen nie.

Die Covid-19-Ters-voordeel is nie net vir werknemers wat tydelik afgelê is nie, maar ook vir dié wat weens hul ouderdom of siektetoestand nie veilig kan terugkeer werk toe nie. Foto: Pixabay

Die Covid-19-Ters word deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) uitbetaal aan mense wat tydelik afgelê is of wie se werkure weens die regulasies verminder moes word.

Hier is alles wat nou oor die skema bekend is.

Wanneer word uitbetalings gedoen?

Aansoeke vir vlak 4 se Covid-19-Ters het op 18 Julie geopen en die eerste uitbetalings van suksesvolle eise is teen 26 Julie beloof.

Watter ondernemings mag eise indien?

Vir die tydperk 16 Maart tot 25 Julie 2021 (of enige dae in dié tydperk) mag die volgende ondernemings eis:

  • Plekke wat veilings aanbied;
  • Plekke wat beroepsport aanbied;
  • Plekke waar sosiale geleenthede gehou word;
  • Plekke waar konserte en vertonings gehou word; en
  • Enige onderneming wat in die waardeketting van dié ondernemings werk.

Vir die tydperk van 28 Junie tot 25 Julie 2021 (of enige dae in dié tydperk) mag die volgende ondernemings eis:

  • fliekteaters;
  • teaters;
  • casino’s;
  • museums, kunsgalerye, biblioteke en argiewe;
  • gimnasiums, swembaddens en fiksheidsentrums;
  • restaurante; kroeë, tavernes en sjebiens;
  • nagklubs;
  • openbare parke;
  • lugdienste;
  • spoor-, bus- en taxidienste (ook app-gedrewe taxidienste);
  • ondernemings wat drank verkoop, versprei of vervoer;
  • werknemers by strande, damme, riviere en mere;
  • passasierskepe;
  • hotelle, gastehuise en ander verblyfplekke;
  • konferensiegeriewe;
  • ondernemings wat sport, kuns en kultuur aanbied; en
  • enige onderneming wat deel van die waardeketting van dié bedrywe vorm.

Is daar enige ander werknemers wat ook uit die Covid-19-Ters voordeel kan trek?

Benewens die mense in bedrywe wat nie sake kon doen nie, is daar ook mense uit enige bedryf vir wie Covid-19-Ters geëis mag word. Dit sluit in:

  • Mense wat nie kon werk nie, omdat hulle in selfisolasie of kwarantyn moes wees omdat hulle Covid-19 het of aan iemand met Covid-19 blootgestel was; en
  • Werknemers van 60 jaar of ouer of mense met bestaande siektetoestande wat nie veilig in die werkplek geakkommodeer kan word nie.

Wat van mense wat permanent afgelê is?

Mense wat dekking deur die WVF gehad het, kan ’n gewone WVF-eis indien.

Hoe moet eise ingedien word?

Werkgewers dien die eise aanlyn in op die webwerf https://uifecc.labour.gov.za/covid19/.

Hulle kan meer inligting oor die eisproses hier kry.

Uitbetalings word regstreeks by werknemers se bankrekening inbetaal, nie aan die werkgewers nie. Die bankrekening van elke werknemer moet dus verskaf word.

Die uitsondering is indien werkgewers hul werknemers reeds betaal het en die geld wil terugeis.

Wat is die waarde van die Covid-19-Ters?

Die Covid-19-Ters, soos ander WVF-uitbetalings, word op ’n glyskaal bereken. Die minimum uitbetaling is R3 500 en die maksimum R6 370.

Meer oor:  Koronavirus  |  Werkloosheid  |  Wvf  |  Covid-19-Ters  |  Vlak 4  |  Werkloosheidsversekering  |  Inperking  |  Covid-19  |  Uif
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.