Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Covid-Ters-voordeel toe (nog) nie verleng nie
Die Covid-19-Ters-voordeel is nog nie verleng nie. Foto: Reuters

Berigte dat die Covid-19-Ters-voordeel tot 15 November verleng gaan word, is onwaar, het Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, Vrydag gesê.

Die werkgewersorganisasie Neasa het Donderdag in ’n verklaring gesê die voordeel gaan tot in die middel van November verleng word, aangesien dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Woensdag die ramptoestand tot daardie tyd verleng het.

In die verlede het die departement van arbeid die datum tot wanneer die Covid-19-Ters-voordeel geëis kan word, verleng tot op die datum waarop die ramptoestand eindig.

Dit is egter nie hierdie keer die geval nie.

Nxesi het Vrydag in ’n kort, maar streng bewoorde verklaring gesê daar is nog “geen verklaring” deur hom of sy kantoor oor die saak uitgereik nie.

“Enige besluit oor ’n verlenging sal eers ná deeglike onderhandelinge met die regering, Nedlac en die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) gemaak word.”

Nxesi het verder gesê hy is “bekommerd” oor die vals nuus wat in die media oor die verlenging van die voordeel versprei is.

Die WVF, wat die Covid-19-Ters-skema bestuur, het op 13 Oktober herhaal dat die volgende spertye vir eise geld:

  • Geen eise word meer vir Maart tot Mei aanvaar nie;
  • Eise vir Junie sluit 15 Oktober; en
  • Eise vir Julie tot 15 September sluit op 30 Oktober.

Geen verdere datums word genoem nie.

Netwerk24 het óók Donderdag op grond van Neasa se verklaring berig dat die voordeel verleng word.

Daar is egter na die departement van arbeid uitgereik om dit te bevestig.

Nxesi het eers Vrydag sy verklaring daaroor uitgereik nadat reeds in die media berig is dat die voordeel wel verleng word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.